vbk-logoHeaderEAkleiner

Johan Malan, Universiteit van die Noorde

Dit is vir baie Christene problematies om tussen God se wet en sy genade te kan onderskei. Soms word daar in die Nuwe Testament geen verdere bestaansreg aan wetsnakoming verleen nie, maar in ander gevalle word die verhewe en tydlose beginsels van God se wet aan ons voorgehou as ‘n riglyn vir ons lewe en iets waarin ons onsself moet verbly. Hierdie twee uiteenlopende standpunte blyk duidelik uit Paulus se briewe:

Enersyds sê hy dat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade (Rom. 6:14), en ook dat deur die werke van die wet geen vlees voor God geregverdig sal word nie, omdat die wet die hele wêreld as sondaars brandmerk en doemwaardig voor God maak (Rom. 3:19-20). Vir die Galásiërs sê hy dat die wet vir ons ‘n vloek geword het (Gal. 3:13) omdat ons nie deur wetsnakoming gered kan word nie: “Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval” (Gal. 5:4).

Andersyds sê Paulus dat die wet heilig, regverdig en goed is (Rom. 7:12) en dat die relevansie daarvan as ‘n goddelike riglyn vir ons lewens steeds vas staan: “Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet” (Rom. 3:31). Die Here Jesus sê ook dat Hy nie gekom het om die wet en die profete te ontbind nie, maar te vervul. Niemand mag geleer word om hierdie gebooie te verbreek nie (Matt. 5:17-19). Hoe moet ons dan die wet beoordeel en wat is die verband tussen die wet en genade?

Verskillende soorte wette

Die wet van die Here word in die eerste vyf boeke van die Bybel beskryf en in Hebreeus die Torah genoem. Torah beteken om te onderrig en behels God se riglyne waarvolgens sy volk Israel moes lewe. Daar is 613 voorskrifte in die Torah, wat ook as die Pentateug bekend staan. Hieronder kan die volgende sewe soorte wette onderskei word:

  • Wette oor Israel se verhouding met God, veral met betrekking tot die aanbidding, verering en navolging van Jahweh, asook die feit dat Israel nie afgodediens mag beoefen nie. Geen ander gode mag voor die aangesig van die Here gebring word nie.
  • Wette oor ‘n teokratiese regering. God het oppergesag geld oor sy volk, daarom moes hulle Hom raadpleeg en ken in al hulle besluite. Die leiers van die volk moes al God se wette eerbiedig, hulle onderdane in die onderhouding daarvan onderrig, met die priesters en profete van die Here saamwerk, toesien dat die jong geslag in die vrees van die Here onderrig word, en oorloë teen die vyande van God voer.
  • Wette oor menseverhoudings en morele en etiese sake. Dit sluit ‘n groot aantal bepalings oor die huwelik, verhoudings tussen mans en vrouens, ouers en kinders, werkgewers en werknemers, regeerders en onderdane, asook verhoudings met vreemdelinge soos slawe en proseliete in. Verder word persoonlike gedrag, barmhartigheidsdiens, sedelike kuisheid, verskeie vorms van verontreiniging, rein en onrein voedselsoorte, en reinigingsrituele omskryf.
  • Wette oor ekonomiese sake. Hierby inbegrepe is wette oor arbeid, lone, die gee van tiendes, landbou-aktiwiteite, oes- en slagprosedures, asook natuur- en grondbewaring.
  • Seremoniële wette soos feeste en sabbatte, wat almal skaduagtige heenwysings na die koms van die Messias is. Israel moes hierdeur op die koms van die Messias voorberei word.
  • Offers en ander ritusse as tydgebonde heenwysings na die eenmalige offer van die Messias, wat in die volheid van die tyd gebring sou word. Israel is hierdeur voorberei om die betekenis van die Messias se eenmalige offer aan die kruis te begryp, toe Hy homself as die volmaakte Lam van God geoffer het om versoening vir alle mense se sondes te doen.
  • Wette oor priesterskap onder die leiding van ‘n hoëpriester. Die middelaarsrol wat deur priesters beoefen is, sou met die koms van die Messias vervul word, was as Hoëpriester in die orde van Melgisédek ‘n amp sou vervul wat nie op ander priesters sou oorgaan nie. Deur sy kruisdood sou vrye toegang aan alle gelowiges tot die genadetroon verleen word.
  • Wette oor profete. Die Ou Testament bepaal dat profete 100% korrek moes profeteer, ooreenkomstig dit wat die Here aan hulle bekend gemaak het. Valse profete wat hulle eie, misleidende woorde gespreek het, moes gestenig word. Hierdie amp sou, volgens Moses, voortduur totdat God ‘n ander Profeet (die Messias) sou stuur (Deut. 18:15,18).

Uit die aard van die verskillende kategorieë wette is dit duidelik dat sommige daarvan tydlose, universele reëls is wat vir almal geld, terwyl baie daarvan slegs ‘n voorbereidende funksie met die oog op die koms van die Messias gehad het. In Hom is hulle finaal vervul en sou nie daarna in hulle oorspronklike vorm voortgesit kon word sonder om die Messias te verloën nie. Selfs die tydlose reëls is ook in die Messias vervul omdat net Hy die hele wet volmaak kon nakom. Deur sy genadewerk en die krag van die Heilige Gees stel Hy gelowiges in staat om die geestelike en morele beginsels van God se wet (‘n rein hart, ‘n rein lewe en opregte diens aan die Here) te eerbiedig en uit te leef. Hy maak dit vir ons moontlik om die verhewe doelstellings van die wet te kan uitleef: “Wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (Miga 6:8).

Die Nuwe Testamentiese wet van die liefde

Hoe moet ons weet watter aspekte van God se wet nog steeds in die Nuwe Testament geld? Die Here Jesus het dit alles vir ons in die wet van die liefde saamgevat toe vraag aan Hom gestel is: “Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hieraan gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete” (Matt. 22:36-40).

In hierdie opsomming het Christus Skrif aangehaal wat die Tien Gebooie in twee dele verdeel, nl. Liefde tot God (Deut. 6:5) en liefde tot ons naaste (Lev. 19:18,34). In die nakoming van die wet van die liefde sal ons alle wette vervul wat op ons verhouding met God en ons naaste betrekking het. As ons God waarlik liefhet, sal ons heilig voor Hom leef en nooit ander gode voor sy aangesig bring nie (2 Kor. 6:14-18). Dieselfde beginsel van liefde geld vir ons verhouding met ander mense: “Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul. Want dit: jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet” (Rom. 13:8-10).

Nege van die Tien Gebooie word in die Nuwe Testament herhaal, in die wet van die liefde saamgevat en op alle gelowiges van toepassing gemaak. Die eerste drie gebooie vereis liefde tot God (Ex. 20:2-7) en die laaste ses bepaal ons menseverhoudings (Ex. 20:12-17). Die vierde gebod het op die onderhouding van die sabbat op die sewende dag van die week betrekking (Ex. 20:8-11). Dit is die enigste van die Tien Gebooie wat nie in Christus se opsomming weerspieël word nie, omdat Hy dit doelbewus uitgelaat het. Waarom? Omdat dit slegs aan Israel gegee is as ‘n teken tussen hulle en God (Ex. 31:17). Die onderhouding van die sabbat moes die volk se aandag op die uittog uit Egipte vestig (Deut. 5:15) en hulle daaraan herinner dat die Here hulle verlos, heilig en afsonder vir sy diens (Eseg. 20:12). Ná die Babiloniese ballingskap het die viering van die sabbat onder Jode ontaard en het veral die Fariseërs verskeie nuwe bepalings bygevoeg oor wat nie op hierdie dag gedoen mag word nie. Oor hierdie leerstuk van hulle het Jesus dikwels met hulle in botsing gekom (vgl. Matt. 12:1-8).

Die sabbat was een van die seremoniële wette wat net ‘n skaduagtige betekenis in die Ou Testament gehad het, hangende die koms van die Messias. Paulus sê: “Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of ‘n nuwemaan of sabbat nie, wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus” (Kol. 2:16-12). Ons is nie meer onder die verpligting van wette oor kos (behalwe dit wat deur afgode besoedel is), feeste en sabbatte nie, omdat die nuwe lewe in Christus nie van die onderhouding daarvan afhanklik is nie. In Hom het ons die rus van die Here betree, en behoort elke dag ‘n dag van toewyding aan Hom te wees.

Of ons spesiale dae vir toewyding aan die Here het of nie, is ‘n saak van persoonlike oortuiging in die lig van ons omstandighede: “Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees” (Rom. 14:5). Ons het nie rigiede wetsbepalings wat dit betref nie, slegs ‘n lang Christelike tradisie van Sondag-aanbidding. Dit het begin by Jesus se opstanding uit die dood op ‘n Sondag en sy prediking aan die dissipels op dieselfde dag (Joh. 20:1,19-22), hulle ontmoeting ‘n week later weer op ‘n Sondag, en die uitstorting van die Heilige Gees op die sewende Sondag ná Jesus se opstandingsdag. Daarna het die Here Jesus se dissipels spontaan op Sondae byeengekom om sy opstandingsdag te vier en hulleself ook duidelik van wettiese byeenkomste deur die ortodokse Jode op die sewende dag te distansieer (Hand. 20:7; 1 Kor. 16:1-2).

Nuwe Testamentiese gelowiges uit die nasies moet daarop bedag wees dat hulle nooit deel van Israel en sy verbonde en wette was nie, en dit ook nie ná hulle bekering word nie. ‘n Belangrike deel van God se verbond met die Jode sluit die reg tot die bewoning van die land Israel in. Hierdie reg, sowel as ander aspekte van hulle verbonde met die Here, is nie op die kerk oordraagbaar en dus ook nie op hulle van toepassing nie.

Die vraag is: watter wette moes die apostels op die heidene van toepassing maak, want daar is tog algemeen geldende beginsels in God se wet vir alle mense. Daar is reeds op gewys dat die wet van die liefde vir alle gelowiges geld en dat dit in verskeie Nuwe Testamentiese voorskrifte vervat word. Hierbenewens is daar volgens ‘n besluit wat in Handelinge 15 bespreek word, net drie van Israel se wette wat op gemeentes in die nie-Joodse wêreld van toepassing gemaak is:

Eerstens is daar in Handelinge 15:20 die verwysing na voedsel wat deur afgode besoedel is. Dit moet in die lig van Openbaring 2:14 en 20 beoordeel word, waarin die Here Jesus twee van sy gemeentes duidelik teen die eet van afgodsoffers waarsku. Dit was ‘n algemene gebruik onder die nie-Joodse nasies om onthale in afgodstempels te hou en daar kos te eet wat aan die afgode geoffer is. Paulus het hierdie gebruik in 1 Korinthiërs 10:14-20 sterk veroordeel en onder meer gesê: “Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is, of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.”

Tweedens was hoerery so algemeen onder die heidense nasies dat hierdie vorm van immoraliteit ook deur baie gelowiges beoefen is. Paulus waarsku in 1 Korinthiërs 6:12-18 hierteen. Hy wys daarop dat ons liggame ‘n tempel van die Heilige Gees is, en sê dan: “Vlug vir die hoerery... wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie liggaam... Julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”

Die derde gebod gaan terug na Genesis 9 waar God ‘n verbond met Noag sluit, wat vandag nog van krag is. Hy het aan mense die reg gegee om vleis te eet, maar die bloed moes uit die vleis gedreineer word. Dit beteken dat daar ook nie bloedwors geëet mag word nie.

Al drie hierdie verbodsbepalings moet as moreel-etiese reëls gesien word. Deur dit na te kom, sal Christene hoë morele standaarde handhaaf en nie aanstoot aan Jode gee nie, aan wie hierdie verbodsbepalings goed bekend was. Let wel, dat hierdie wette wat aan die Christene uit die heidense nasies gegee is om te onderhou, glad nie enige seremoniële wette soos feeste of sabbatte ingesluit het nie, en ook nie diere-offers of ritusse soos die besnydenis nie.

Kenmerke van die wet

Die feit dat die groot meerderheid van Israel se 613 wette nie op die Nuwe Testamentiese kerk onder Jode én heidene oorgedra is nie, en dat dié wat wel oorgedra is binne die raamwerk van ‘n totaal nuwe genadeverbond gedefinieer word, dui daarop dat die bedeling van die wet as sodanig verby is. In die lig van die progressiewe ontplooiing van God se raadsplan met die mens het die wet dispensasioneel egter ‘n baie belangrike doel in Israel gedien. Wat is hierdie doel?

Die wet het niks met verlossing of redding te doen nie. Israel het eers die wet ontvang nadat hulle deur ‘n soewereine daad van God uit die slawehuis van Egipte gered is. Die slag van die offerlam in Egipte en die besprinkeling van sy bloed aan hulle deurposte, asook hulle wonderbaarlike uittog daarna, was uiterlike tekens van God se reddende genade oor Israel. Die paaslam dui profeties op die Lam van God wat in die volheid van die tyd sy lewe aan die kruis afgelê het sodat Hy die sondes van Israel en die hele wêreld kon wegneem (Joh. 1:29; 1 Kor. 5:7; 1 Pet. 1:18-19).

Die wet is uitgebreide riglyne waarvolgens God se verloste volk moes leef. Tydens die gee van die wet was Israel reeds die verloste volk van God gewees: “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het” (Ex. 20:2). Israel moes nou geleer word om ‘n afgesonderde, heilige lewe te lei sodat hulle God kon behaag en dien. Hulle het geen kennis van die geregtigheid van God gehad nie, en moes deur middel van ‘n groot aantal wette prakties leer wat om te doen en wat om nie te doen nie. Deur dit getrou na te volg en uit te leef, sou hulle die Here dien en geen aandeel aan die morele verdorwenheid en afgodediens van die heidennasies rondom hulle hê nie.

Die wet skerp die beginsel van liefde by Israel in. Hulle moes die Here hulle God van harte liefhê en hulleself met al hul kragte hieraan toewy (Deut. 6:5). Hulle moes ook hul mede-volksgenote liefhê soos hulleself en hierdie liefde verder uitbrei om ook die vreemdelinge in hulle midde in te sluit (Lev. 19:18,34). Die innerlike, geestelike motivering het in die bedeling van die wet egter ontbreek om die liefde van harte uit leef, omdat die wet mense nie gehelp het om oorwinning oor hulle sondige natuur te verkry nie.

Die wet bring kennis van die sonde. Sonder die wette van God sou Israel nie geweet het wat sonde is nie, want sonde is ‘n bewuste oortreding van ‘n bekende wet van God. Paulus sê: “...deur die wet is die kennis van sonde... Ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie... waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie” (Rom. 3:20; 7:7; 4:15). “Die krag van die sonde is die wet” (1 Kor. 15:56), want die wet is die spieël waarin ons die sonde en rebellie van die mensdom kan sien. Die wet het in werklikheid die sonde meer laat word omdat dit die sonde in sy groot omvang beskryf het – hoe meer wetlike bepalings, hoe meer sonde is daar (Rom. 5:20).

Die wet maak van mense slawe van die sonde. Omdat die wet nie die gevalle, sondige natuur van die mens kan verander nie, maak dit van hom ‘n slaaf van die sonde deur ‘n onbereikbare hoë standaard aan hom te stel. As gevolg van sy sondige natuur is die mens wat onder die wet is, van nature ‘n wetsverbreker en per definisie ‘n helverdiende sondaar. Die wet verklaar mense nie net tot sondaars nie, maar plaas hulle ook onder die toorn van God omdat hulle die wet nie voortdurend en in alle opsigte kan nakom nie: “Want die wet werk toorn; maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie... want voor die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie” (Rom. 4:15, 5:13)

Die wet vereis sondevergifnis op grond van God barmhartigheid en genade. Omdat die wet ‘n standaard stel wat behalwe vir God se volmaakte Seun, Jesus Christus, nog nooit deur een mens gehandhaaf kon word nie, vereis dit daaglikse instellings waardeur die volk vergifnis van hulle menigvuldige sondes kon verkry. Hieruit het die uitgebreide offerdiens van die Ou Testament voortgevloei, asook ‘n orde van priesters wat as middelaars tussen sondige mense en ‘n heilige God kon optree. Die wet het die hele volk, insluitende die priesters, tot sondaars verklaar, en dit het meegebring dat selfs die hoëpriester net een maal per jaar die Allerheiligste van die tempel kon betree om ‘n bloedoffer vir die versoening van die volk se sondes te bring. Op grond van sy barmhartigheid en genade het God telkens die volk se sondes van wetsverbreking vergewe as hulle dit met opregte harte bely en hulle daarvan bekeer het.

Die wet is ‘n noodsaaklike voorbereiding op die koms en genadewerk van die Messias. Die diere-offers wat ooreenkomstig die eise van die wet as versoening vir sondes gebring is, was onvolmaak en onvoldoende – dit moes in ‘n volmaakte, eenmalige offer vir die sondes van die hele wêreld vervul word: “Want die wet, wat ‘n skaduwee het van toekomstige weldade... kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gebring word, die wat toetree tot volmaaktheid lei nie... want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem. Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei... Toe het Ek gesê: Kyk Ek kom... om u wil te doen, o God... Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal” (Heb. 10:1-10). Die offers in die bedeling van die wet kon dus nie ‘n blywende verandering bring nie, daarom is die belofte van ‘n nuwe verbond onder die Messias by Israel ingeskerp. Hulle het reikhalsend na die koms van die Messias uitgesien, maar was geestelik so afgestomp dat hulle volksleiers Hom nie eers kon herken toe Hy wél gekom het nie.

Die offers onder die wet het net ‘n skaduagtige betekenis as heenwysings na die Messias se kruisiging gehad. Jode in die Ou Testament is by voorbaat op grond van die Messias versoeningswerk aan die kruis gered, gevolglik het die diere-offers net ‘n tipologiese betekenis gehad. “Alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie” (Heb. 11:39). Die Messias, op wie hulle hul hoop gestel het, hét egter gekom en daardeur die tweede Adam vir alle mense geword wat as gevolg van die eerste Adam se sondeval ‘n verdorwe natuur gekry het. Net die Messias kon aan al die eise van die wet voldoen en daardeur vryspraak vir almal bewerk wat op grond van die wet se bepalings sondaars geword het op wie die toorn van God rus. Hy is die hoop van Israel én die hele wêreld – die enigste Verlosser wat vryspraak aan sondaars kan bied (Rom. 5:19).

Die wet het verskeie beperkings as gevolg van menslike swakhede en onvolmaakte offers gehad. Die bedeling van die wet het mank gegaan aan dienswerk deur onvolmaakte hoëpriesters, daarom moes dit deur die genadewerk van ‘n volmaakte Hoëpriester vervang word. Die diere-offers was ook onvoldoende en moes deur die offer van ‘n volmaakte Offerlam vervang word. “Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede” (Heb. 7:28). Hulle moes eers vir hul eie sondes offers bring en dan vir dié van die volk (Heb. 7:27). Die offers wat hulle gebring het, kon ook nie regtig ‘n wesenlike verskil maak nie: “Elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie” (Heb. 10:11). Deur die wet is Israel in bewaring gehou totdat die Messias gekom het om vir hulle te doen wat die wet nie kon doen nie: “Voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof” (Gal. 3:23-24).

Die wet moes die weg na ‘n beter verbond baan. Die wet het duidelike maar menslik onbereikbare eise oor God se geregtigheid aan mense gestel. Die gebrek aan ‘n vaste grondslag vir versoening, asook die onvolmaakte bediening deur priesters wat self met swakhede bevange was, verklaar die feit dat dit net ‘n voorbereidende fase vir ‘n beter verbond was. “Jesus [het] van ‘n beter verbond borg geword... Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan... Want so ‘n Hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het. Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan wat vir ewig volmaak is... Hy [het] ‘n voortreflike bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. Want as daardie eerste [verbond onder die wet] onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie” (Heb. 7:22,25-28; 8:6-7).

Toetrede tot die ou verbond

Die ou verbond is net met die volk Israel gesluit, naamlik die biologiese afstammelinge van Abraham deur Isak en Jakob. Uiterlike lidmaatskap van die verbondsvolk is deur geboorte verkry, daarom het die seuntjies die verbondsteken, naamlik die besnydenis, ‘n paar dae ná geboorte ontvang. Ten spyte van Israel se roeping as God se volk, asook die verbondsteken in hulle liggame, is hulle almal in sonde ontvang en gebore en moes dus nog steeds geestelik lewend gemaak word. Hulle moes dus gelowige Israeliete word wie se harte ook besny is.

Deur hierdie geestelike ondervinding is hulle harte verander en is God se wet van liefde op die tafels van hulle harte geskryf: “Die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe” (Deut. 30:6). Hierdie oproep tot bekering is dikwels aan die besnyde Israeliete gerig: “ As jy jou bekeer, Israel, spreek die Here, bekeer jou tot My... Besny julle vir die Here en verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem” (Jer. 4:1,4).

Die hartsbesnydenis is ‘n geestelike ondervinding wat die Here Jesus aan ‘n onkundige Joodse godsdiensleier as “wedergeboorte” beskryf het (Joh. 3:3). Biologiese geboorte alleen, saam met ‘n verbondsteken aan die vlees, het nie ware, geestelike Israeliete met veranderde harte opgelewer nie. Geloof het nog steeds in hulle harte ontbreek, daarom het die Here geen welbehae in sulke Israeliete gehad nie (1 Kor. 10:5). Hulle probleem was ‘n gebrek aan geloof: “...die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie” (Heb. 4:2).

Geen Israeliet kon op grond van uiterlike pogings tot wetsnakoming gered word nie – hy of sy móés ook ‘n geloofsverhouding met die Here hê. Dit beteken dat hulle van harte tot bekering moes kom en binne die raamwerk van die Ou Testamentiese offerdiens om die vergifnis van hulle sondes moes bid. “Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik” (Jes. 55:7). “Die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die Here hulle God nie” (Hos. 7:10). ‘n Ware bekering en die vergifnis van sondes op grond van die Messias se toekomstige soenoffer (dit waarheen al die diere-offers heengewys het) was die grondslag van die Ou Testamentiese verlossingsleer. Geen uiterlike pogings tot wetsnakoming alleen, sonder bekering en sondebelydenis, kon enige Jood red nie. Sy sondes wat deur die wet geopenbaar is, moes hom na die Here dryf om vergifnis te verkry.

Die beëindiging van die bedeling van die wet

Met die koms van die Messias, en spesifiek sy kruisiging, opstanding en die uitstorting van die Heilige Gees ná sy hemelvaart, het die bedeling van die wet as ‘n geïntegreerde sisteem heeltemal tot ‘n einde gekom. Nie net het die offerdiens en die bemiddeling deur onvolmaakte priesters vir gelowiges verval nie, maar die slawerny aan sondes wat deur die wet geïdentifiseer en as ‘n swaar juk op mense geplaas is, is deur die verlossingswerk van Christus beëindig. “Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo” (Rom. 10:4).

Christus is die einddoel van die wet omdat Hy dit volmaak nagekom het. Ook het Hy deur sy dood die prys betaal vir die verlossing van alle mense wat weens hulle sondes deur die wet veroordeel word. Deur die versoening in die geloof te aanvaar, word die genade van die Here se verlossingswerk aan verloregaande sondaars toegereken. Alle mense het hieraan behoefte, want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die geregtigheid van God. Baie van die Jode het egter die onmoontlike weg verkies om hulle eie geregtigheid deur middel van onvolmaakte pogings tot wetsnakoming uit te werk, en het sodoende die geregtigheid wat God deur die Here Jesus aan hulle gebied het, verwerp.

Wat dan van die Jode wat onder wet geleef en gesterf het? Baie van hulle het nie net uiterlik volgens die letter van die wet probeer leef nie, maar hulle harte is ook deur die Here besny (Rom. 2:28-29). Hulle het ‘n duidelike begrip van hulle oortredings gehad en het deur die offerdiens om die vergiffenis en verlossing van die Here gebid. Dit is aan hulle geskenk, omdat die offerdiens vorentoe gewys het na die offer van die Messias. Hoewel hulle nie in hulle lewe die belofte van die koms van die Messias ontvang het nie, het hulle dit in die verte gesien en begroet (Heb. 11:13). Hulle het nie op hulle onberispelike wetsnakoming geroem nie, maar eerlik hulle sondes bely en vergifnis daarvoor gevra.

Dawid het gebid: “Teenoor U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë... was my, dat ek witter kan wees as sneeu... delg uit al my oortredinge. Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees... Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer” (Ps. 51:6-15). Ou Testamentiese gelowiges soos hierdie het almal die verlossing van die Here verwag. Volgens Jesaja 53:5 het hulle geweet dat Hy ter wille van hulle oortredinge deurboor en ter wille van hulle ongeregtighede verbrysel sou word. Die straf vir hulle oortredings van wetsverbreking sou op Hom kom, en deur sy wonde aan die kruis sou daar vir hulle krank siele genesing kom.

Om hierdie rede het ‘n engel voor Jesus se geboorte aan Josef gesê: “Jy moet Hom Jesus noem [dit beteken Jahweh is Verlossing], want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos” (Matt. 1:21). Godvresende Israeliete was sterk op die koms van die Messias ingestel en het hulle grootliks verbly toe dit gebeur het. Sagaria het gesê: “Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het” (Luk. 1:68). Simeon was ook ‘n vroom man wat die vertroosting van Israel verwag het. Die Heilige Gees het aan hom geopenbaar dat hy nie sou sterf voordat hy die Messias gesien het nie. Toe Jesus se ouers Hom in die tempel ingebring het, het Simeon Hom in sy arms geneem en gesê: “Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede... omdat my oë u heil gesien het wat U berei het voor die oë van al die volke – ‘n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel” (Luk. 2:29-32).

Mense soos dié het hulle geregtigheid deur die geloof in die Messias gesoek en sodoende deelgenote van God se reddende genade geword. Hulle het nie op hulle eie prestasies van wetsnakoming geroem nie, maar op die genade en vergewensgesindheid van ‘n barmhartige God. Dit het al die gelowige Jode voor die koms van die Messias gedoen. Ná sy koms het die Messiaanse Jode nét in sy genadewerk geroem en glad nie in die wet of die werke van die wet nie. Die Messias was vir hulle die einde van die wet tot die ware geregtigheid van God.

Paulus het ook hierdie duidelike oorgang van die bedeling van die wet na die bedeling van genade gemaak, wat op geloof in Christus se dood en opstanding gebaseer is. Voor sy redding was hy ‘n wettiese Fariseër wat sy geregtigheid in wetsnakoming gesoek het en nie in die barmhartigheid en sondevergifnis van God nie. Hy beskryf sy lewe voor sy bekering só: “As iemand anders meen dat hy op die vlees kan vertrou, ek nog meer. Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ‘n Fariseër; wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik” (Fil. 3:4-6).

Paulus se wetsnakoming was net in sy eie oë en in die oë van die ander Fariseërs onberispelik. Hy was ten spyte hiervan so ver uit voeling met God dat hy die Messias én die gemeente van die Messias vervolg het. Die wet kon hom nie red nie, daarom sy gebed om in Christus gevind te word, “nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word” (Fil. 3:9-10).

Die verpersoonliking van die liefde

Liefde is die belangrikste kenmerk van God (1 Joh. 4:8). Dit was die basiese motivering waarom Hy genade aan ‘n gevalle mensdom betoon het deur sy Seun as ‘n offer vir ons sonde na die aarde toe te stuur (Joh. 3:16). God se liefde vorm die grondslag van alle geregtigheid, omdat dit die goddelike beginsel is waaruit die verlossingsplan gebore is. Jesus Christus is die verpersoonliking van God se agape-liefde. Hy het sy hemelse heerlikheid verlaat en mens geword om die Vader se liefde te gedemonstreer deur aan die kruis die doodstraf te betaal vir alle sondaars wat God se wette verbreek het. Die wet het vir Israel ‘n vloek geword omdat dit die doodstraf op almal gelê het wat die wet verbreek. Christus het vir hulle én alle sondaars buite Israel ‘n vloek geword – dit is ‘n doodsveroordeelde wat volgens Galásiërs 3:13 aan ‘n kuis moes sterf – om hulle van die vloek te verlos wat op sondaars en wetsverbrekers rus (Eseg. 18:20; Gal. 3:10).

Die Here Jesus verwag van almal wat Hom as hulle Verlosser wil aanneem, om deur die wedergeboorte nuwe mense te word en in sy voetspore te volg: “Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het” (1 Joh. 2:6; 1 Pet. 2:21). Omdat Jesus die verpersoonliking van God se liefde is, moet Hy deur die geloof in ons harte woon sodat ons self ook in sy liefde gewortel en gegrondves kan word (Ef. 3:17). Hierdie liefde wat deur Jesus Christus aan ons geopenbaar en deur die Heilige Gees in ons harte uitgestort is (Rom. 5:5), is ons lewensbeginsel en die wet waarvolgens ons lewe. Hieruit vloei verskeie opdragte, of gebooie, wat die Here Jesus aan ons gee.

Ons moet ten alle tye Christus se wet van die liefde wat deur geloof in Hom uitgeleef word, van die Ou Testamentiese wet onderskei. Ons is nie nou met uiterlike, menslike pogings tot wetsnakoming besig nie, maar leef die goddelike liefde uit wat ons reeds van die Here af ontvang het. Ons kan slegs liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het (1 Joh. 4:19). Dit is ons opdrag en gebod om die gebod van die liefde uit te leef:

  • “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê: soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê” (Joh. 13:34).
  • “As julle my liefhet, bewaar my gebooie” (Joh. 14:15).
  • “Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar” (Joh. 14:21).
  • “As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly... Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het” (Joh. 15:10,12).
  • “En wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom” (1 Joh. 3:22).
  • “Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie” (1 Joh. 5:3).

Die Here skenk aan ons die krag en genade om sy gebooie te kan hou, m.a.w. om Hom waarlik lief te hê, asook vir alle mense – insluitende ons vyande. Ons word ook tot hoër hoogtes in hierdie lewe van liefde geroep, naamlik om die Here se Woord só te bewaar en te eerbiedig dat ons volmaak in sy liefde kan word (1 Joh. 2:5). Hierdie liefde bewaar ons só dat ons vrymoedigheid sal hê om te weet dat ons nie die oordele van God oor die sondaars hoef te vrees nie (1 Joh. 4:17), “en sy Seun uit die hemele te verwag... Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos” (1 Thess. 1:10).

Ons moet onthou dat die liefdevolle God wat ons siele deur Jesus Christus wil red en aan ons sy liefde wil skenk om sy gebooie te bewaar, ook sy regverdige toorn oor al die sondaars gaan uitstort wat sy liefde versmaai het. Ons moet nie die fout maak om die Here se genade in ongebondenheid te verander nie, want dan verloën ons die Here Jesus (Judas v.4). Die Nuwe Testamentiese wet van liefde tot God en liefde tot ons naaste, vereis van ons om alle vleeslike, sondige werke wat in stryd daarmee is, af te lê en deur die Gees te wandel (Gal. 5:13-25).

Met die oog hierop kon Paulus met vrymoedigheid sê dat hy “onder die wet van Christus” is (1 Kor. 9:21). Leef jy hierdie wet teenoor jou medebroeders én ander mense uit? “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus” (Gal. 6:2).

Die grondslag van Israel se wettiese vormgodsdiens

Die meeste Jode, soos ook hulle leiers – die Fariseërs, Sadduseërs en ander skrifgeleerdes – het die Messias verwerp en met hulle wettiese vormgodsdiens voortgegaan. Hulle het in hulle eie pogings tot wetsnakoming geroem, as gevolg daarvan nie onder sonde-oortuiging gekom nie en dus nie die Here van harte gedien nie. Hulle het van die wet self ‘n verlossingsinstrument gemaak, wat dit nooit bedoel was om te wees nie. Die wette is as riglyne vir God se verloste volk gegee en sou nie sonder die Here se hulp en die gereelde vergifnis van oortredinge eerbiedig kon word nie. Baie van die Jode het egter, soos Paulus voor sy bekering, in hulle onberispelike, wettiese lewens geroem. Die Fariseër in die tempel het die Here gedank omdat hy so ‘n goeie mens was: “O God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie – rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry” (Luk. 18:11-12). Die tollenaar het net gesê: “O God, wees my, sondaar, genadig!” Die Here Jesus se beoordeling van hierdie twee mense is soos volg: “Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan, eerder as die eerste een” (Luk. 18:14).

Dit is hieruit duidelik dat baie Israeliete nie ernstig na God gesoek het nie en dus nie onder die oortuiging van hulle sondes gekom het nie. Hulle het die Here net met hulle lippe gedien, maar hulle harte was ver van Hom af (Matt. 15:8). Die Here Jesus het die Jode gewaarsku dat as hulle geregtigheid nie meer oorvloedig as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs is nie, hulle die koninkryk van God nie sou sien nie (Matt. 5:20). Hierdie mense se lewens lyk net uiterlik mooi, soos witgepleisterde grafte, maar hulle harte is verdorwe.

Jesus het vir hulle gesê: “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie” (Matt. 23:13). In hulle vormgodsdiens was die letter van die wet die enigste norm, daarom het hulle Jesus ook net uit ‘n eng wetlike oogpunt beoordeel en verkeerdelik as ‘n wetsverbreker en sondaar bestempel (Matt. 11:19; Joh. 19:7). Hulle het sy mag om duiwels uit te dryf en siekes gesond te maak as komende van die duiwel beskou (Matt. 9:34; 12:24; Joh. 8:48). Daardeur het hulle teen die Heilige Gee gelaster en sodoende ‘n onvergeeflike sonde gedoen (Matt. 12:28,32).

Slegs die vroom Jode wat nie by ‘n wettiese vormgodsdiens berus het nie, hulle sondes bely het, op God vertrou en op die koms van die Messias gehoop het, het Jesus as Messias erken en aanvaar. Hulle het Johannes geglo toe hy van Jesus gesê het: “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh. 1:29). Hy was die volmaakte Lam van God wat sonder sonde was (Heb. 4:15; 7:26). In Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik (Kol. 2:9).

Die genade van Christus is meer uitnemend as die wet

Met die koms van die Messias het die bedeling van die wet met al sy skaduagtige instellings en menslike beperkings verbygegaan. In Christus het die beloftes van God se toekomstige weldade ‘n heerlike werklikheid geword. Die tyd toe onvolmaakte, sondige priesters die tempeldiens waargeneem het om “dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sonde kan wegneem nie” (Heb. 10:11), is met die koms van die Messias afgesluit. Hy is sondeloos volmaak en het deur sy bereidwilligheid om Homself tot die dood van die kruis te verneder, ‘n volmaakte soenoffer vir die sondes van alle mens geword. Dit is net Hy wat sy volk van hulle sondes kan verlos – ‘n sondeskuld wat deur die bepalings van die wet op hulle geplaas is. Dit is waarom Josef voor Jesus se geboorte die opdrag gekry het: “Jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos” (Matt. 1:21).

Hoe word die genade van sondevergifnis aan mense toegereken? Deur dit in die geloof as ‘n geskenk van God te ontvang. ‘n Sondaar moet op sy pad van sonde wat weg van die Here af lei, omdraai (homself bekeer) deur in die geloof sy sondes te bely as hy vryspraak vir sy oortredings en ‘n nuwe lewe in Christus wil ontvang. Daar is ‘n hele paar sleutelbegrippe wat kenmerkend van die Nuwe Testamentiese heilsplan van God is:

Genade deur die kruisdood van Christus. Met sy kruisdood en opstanding het Jesus Christus die geregtigheid van God vir ons bewerk. Hy het die volmaakte lewe gelei wat deur die wet vereis word, daarom was Hy ‘n volmaakte offer vir die sondes (wetsoortredings) van alle verlore mense op aarde. “Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof” (Rom. 3:23-25). Vir ons saligheid kan ons net in die gekruisigde Here Jesus roem – nie in ons eie geregtigheid wat op ‘n goeie lewe of onvolmaakte pogings tot wetsnakoming berus nie. Ons is nie onder die wet nie, maar onder die genade (Rom. 6:14). In die bedeling van genade is al die skaduagtige wette en offers van die Ou Testament in Christus vervul, daarom noem ons onsself “Christene” en geredde Jode noem hulleself “Messiaanse Jode.” Die universeel geldende wet van die liefde is as ‘n lewensbeginsel op die tafels van ons weergebore harte geskryf. Die genade van God word nie net aan ons verleen om die Here Jesus as ons Verlosser aan te neem nie, maar ook om Hom te kan dien en ons nuwe lewensbeginsels volkome uit te leef: “Want die reddende genade van God... leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe... en ywerig [te wees] in goeie werke” (Titus 1:11-12,14).

Die eis van geloof. Die klem val op ons geloofsverhouding met die Here, want sonder geloof kan niemand die Here behaag nie (Heb. 11:6). Alle ongeredde mense word in die Bybel as ongelowiges beskryf wat geestelik dood is omdat hulle deur Satan mislei word (2 Kor. 4:4). Die Heilige Gees stel ons in staat om nie net met ons sintuie en verstand van die evangelie kennis te neem nie, maar dit ook in die geloof (met ons harte) aan te neem (Rom. 10:9-10,17). In die Ou Testament kon Jode ook nie deur die werke van die wet, sonder geloof, geregverdig word nie (Rom. 3:20; Gal. 3:11). Hulle moes in die geloof hulle sondes bely en glo dat God hulle sou vergewe (Hand. 15:8-11). Is jy deur die geloof aan Christus verbind en is die juk van sonde wat die kennis van die wet op jou geplaas het, verbreek? Met vlerke van geloof kan ons vanaf hierdie besoedelde aarde en sy slawerny aan sonde opstyg na die ruimtes van God waar ons ons vryheid in Christus kan geniet. “Uit genade is julle gered, deur die geloof” (Ef. 2:8).

Die noodsaaklikheid van bekering. Omdat alle sondaars weg van die Here af op pad hel toe is, moet hulle noodwendig tot bekering kom deur op die pad van verlorenheid en selfvernietiging om te draai. “God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer” (Hand. 17:3). Dit is ‘n oproep aan alle mense oral – nie net aan ‘n groepie “uitverkorenes” nie. Daar is geen manier waarop mense gered kan word as hulle net met hulle lippe bely dat hulle die Here Jesus as Verlosser aangeneem het, maar hulle volhard nog op die pad van sonde nie. Die fondament van bekering moet in ‘n persoon se lewe gelê word, gevolg deur heiligmaking en geestelike groei (Heb. 6:1). Volgens Jesus Christus was die hoofdoel van Paulus se prediking onder die heidene: “om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ‘n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang” (Hand. 26:18).

Die bediening van die Heilige Gees. Met die uitstorting van die Heilige Gees ná die kruisiging, opstanding en hemelvaart van die Here Jesus het ‘n heel nuwe bedeling begin. In samehang met die verkondiging van die Woord oortuig die Gees alle mense van sonde, geregtigheid en oordeel. Sonde is alle dade en gedagtes wat in botsing met die Nuwe Testamentiese wet van die liefde is. Geregtigheid verwys na die geregtigheid van Christus wat die straf vir ons sonde betaal het. Oordeel verwys nie net na God se oordeel oor die duiwel en sy engele nie, maar ook oor alle mense wat Jesus Christus se boodskap van verlossing verwerp. Wanneer die berouvolle sondaar tot bekering kom, wederbaar die Heilige Gees hom, gee aan hom ‘n nuwe natuur, en wag ook op die geleentheid om hom heeltemal te vervul en te beheer. Dit is afhanklik van die persoon se bereidwilligheid om die ou, sondige natuur volkome af te lê om gekruisig te word (Ef. 4:22-24). Die nuwe natuur is op die gebod van die liefde gebaseer: “Die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof” (1 Tim. 1:5). Het jy die beginsels van die ou lewe afgelê sodat die Here sy liefde deur die Heilige Gees in jou hart kan uitstort? (Rom. 5:5). Dan sal die Gees jou só lei en bekragtig dat jy meer as ‘n oorwinnaar in Jesus Christus sal wees.

Die Middelaarskap van Jesus. In die Nuwe Testament is die voorhangsel na die Allerheiligste geskeur en kan elke gelowige sonder die bemiddeling van menslike priesters of geordende leraars tot die genadetroon van die Here toetree (Heb. 10:19-22). Die Here Jesus is ons Hoëpriester en Middelaar. “Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het... laat ons met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Heb. 4:14-16). Elkeen van ons móét ‘n persoonlike verhouding met die Here Jesus hê, en behoort nie ons hoop op menslike ampsdraers en bemiddelaars te vestig om vir ons in te tree nie. Gelowiges het wel ‘n geestelik ondersteunende rol ten opsigte van mekaar, maar is op ‘n gelyke vlak voor die Here (Gal. 6:1-2). In ‘n gesindheid van nederigheid en broederskap moet die een die ander hoër ag as homself (Fil. 2:3).

Die gemeenskap van die heiliges. Ons is lede van die liggaam van Christus (Rom. 12:4-5) en Hy is die Hoof van die gemeente (Ef. 1:22). Die Here Jesus het gesê: “Waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde” (Matt. 18:20). Ons moet absoluut seker maak dat ons net in die Naam van die gekruisigde en verrese Here Jesus saamkom en dat ons met die onvervalste melk van die Woord bedien word. Daar moet ‘n opvallende eenvoud en opregtheid in die byeenkomste van weergebore Christene wees. Vir die gemeenskap van die heiliges en onderrig in die Woord moet ons nie na ‘n denominasie soek nie, maar na ‘n man van God wat opreg met die Here wandel en die Woord van die waarheid reg sny. In sekere gemeenskappe mag ek só ‘n man in ‘n evangeliese denominasie aantref, maar in sy bediening sal dit om die eer van die Here Jesus en die redding van siele moet gaan, en nie in die eerste plek oor die belange en leerstellings van die betrokke denominasie nie. In ander gemeenskappe sal ek hom in ‘n tentmakersbediening aantref – byvoorbeeld in ‘n huisgemeente, of as ‘n interkerklike evangelis of sendeling. Ondersoek sulke mense se leer, kyk na die godsvrug in hulle lewe, assosieer dan met die opregtes, ondersteun hulle en dien saam met hulle die Here. As ons nie met betrekking tot die gemeenskap van die heiliges streng standaarde handhaaf nie, sal ons onder die geklank van vormgodsdienstige prediking kom en weens ons eie gebrek aan onderskeidingsvermoë ook deur valse leraars mislei word. Ons word ernstig vermaan om die Woord van die waarheid reg te sny en dit ten alle tye suiwer en sonder bymotiewe te verkondig (2 Tim. 2:15; 3:16-17; 4:2-5).

Die verborgenheid van die koninkryk. In die Nuwe Testamentiese bedeling, tussen die eerste en tweede koms van Christus, bestaan die gemeente van Christus saam met die meerderheid lede van Satan se koninkryk in die wêreld. Omdat die wêreld in die mag van die Bose lê (1 Joh. 5:19) waarin hy as die god van hierdie gevalle wêreld die sinne van mense verblind (2 Kor. 4:4), is ons soos vreemdelinge en bywoners in “die teenwoordige bose wêreld” (Gal. 1:4). Ons moet met die krag van die Heilige Gees en die geestelike wapenrusting van God beklee word sodat ons staande kan bly teen die liste van die duiwel (Ef. 6:10-12). Ons is nie nou konings en heersers in die koninkryk van God nie, maar soldate vir die kruis. Ons word vervolg deur Satan en sy trawante, daarom moet ons deur vele verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan (Hand. 14:22). Dit is nie nou die tyd om ‘n voorspoedsteologie van rykdom, heerskappy, die oorname van die wêreld, en tekens en wonders te verkondig nie. Eers met die wederkoms van Christus sal sy koninkryk wêreldwyd geopenbaar, die magte van die duisternis by die slag van Armagéddon gebreek en die duiwel gebind word. Dan sal ons saam met Christus as konings regeer.

Simbole van die Nuwe Testament. Die doop is ‘n simbool, of teken, van die genadeverbond in Jesus Christus. Dit is net vir gelowiges ingestel en kan slegs ná die belydenis van ‘n persoonlike geloof in die gekruisigde en verrese Here Jesus aan ‘n persoon bedien word (vgl. Hand. 8:36-38). “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?” (Rom. 6:3). Dit is ‘n belangrike getuienis om by die doop af te lê, naamlik dat ek my ou lewe aflê om saam met Jesus te sterwe sodat ek in ‘n nuwe lewe met Hom kan wandel. Die waterdoop is egter net ‘n simbool van die doop met die Heilige Gees wat plaasvind die oomblik wanneer ons weergebore word: “Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam” (1 Kor. 12:13; vgl. Gal. 3:27). Die ander simbool van die Nuwe Testament is die Nagmaal. Dit is ook net vir gelowiges ingestel. Die tekens van die brood en die wyn (druiwesap) het nie in sigself enige heilswaarde nie, maar dui op die liggaam van die Here Jesus wat aan die kruis gebreek en sy bloed wat vir die vergifnis van ons sondes gestort is: dit dui op die nuwe verbond in sy bloed (1 Kor. 11:25). Deelname aan hierdie tekens en simbole dien tot versterking van ons geloof.

Die nuwe verbond is oneindig beter as die ou verbond. Die hele wet met sy skaduagtige bepalings en beloftes is in Jesus Christus vervul, daarom is Christus die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo (Rom. 10:4). Ook wat die tydlose bepalings oor liefde tot God en ons naaste betref, is die standaard aansienlik hoër in die Nuwe Testament. Ons moet almal deur die vervulling en instaatstellende krag van die Heilige Gees met die Here Jesus beklee word (Rom. 13:14; Gal. 4:19) wandel soos Hy gewandel het (1 Joh. 2:6) en medewerkers van God deur Jesus Christus word (1 Kor. 3:9). Wat ons verhouding met ons naaste betref, word die standaard ook gelig: Dit is nie meer net sonde om die daad van owerspel te pleeg nie, maar selfs net om sulke gedagtes te bedink (Matt. 5:27-28). Wraaklus moet deur vergewensgesindheid en mededeelsaamheid vervang word (Matt. 5:38-42) en haat deur liefde (Matt. 5:43-47). Ons moet na hoër hoogtes op die leer van goddelike volmaaktheid uitstyg (Matt. 5:48) deur in ons hele lewenswandel heilig te word soos wat die Drie-enige God heilig is (1 Pet. 1:15).

Geen kompromie met die ou verbond nie

Verlostes uit genade kan nie terselfdertyd onder die wet én die genade wees nie: ”Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade” (Rom. 6:14). Die Amplified Bible vertaal hierdie teks só: “Die sonde sal nie langer heerskappy oor julle voer nie, want julle is nie onder die wet [as slawe van die sonde] nie, maar onder die genade as die voorwerpe van God se guns.”

Ons is wél onder die wet van Christus, waaronder die tydlose beginsels van die Ou Testamentiese wet vervat is. Ons kan egter nooit ons saligheid buite Christus in futiele pogings tot wetsnakoming soek nie, want as ons deur die wet geregverdig wil word, het ons van die genade verval (Gal. 5:4).

Daar is ongelukkig mense wat met die ou verbond kompromie maak deur na sekere bepalings daarvan terug te keer, ten spyte van die feit dat die nie-Joodse volke nooit onder die ou verbond was nie. Dit hou baie ernstige implikasies in omdat die vervulling van die wet in Jesus Christus daardeur verloën word. Paulus sê vir die Judaïseerders wat die gemeente in Galásië weer onder die wet van Moses wou plaas: “O onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? Dít alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? ... Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval” (Gal. 3:1-2, 5:2-4).

Kompromie van hierdie aard geld nie net die besnydenis nie, maar ook die wettiese onderhouding van sabbatte, feeste, offers en dieetkundige wette wat nie deel van die Nuwe Testamentiese opdrag van liefde teenoor God en ons naaste is nie. Die wet is klaar vervul in Christus en sy liefde is deur die Heilige Gees in ons harte uitgestort. Dit sou ‘n verloëning van Hom wees indien ons weer na die skaduwee van die wet sou terugkeer. Paulus blameer mense wat dit doen verder deur te sê: “Hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Julle neem dae en maande en tye en jare waar” (Gal. 4:9-10).

Proff. Walvoord en Zuck (The Bible Knowledge Commentary, bl. 602) sê die volgende oor hierdie teks: “Onder die invloed van Judaïseerders het die Galásiërs weer die Mosaïese kalender begin volg. Hulle het spesiale dae waargeneem (die weeklikse sabbat), en maande (nuwe mane), en seisoene (seisoenale feeste), en jare (sabbatsjare en jubeljare). Hulle het gemeen dat hulle hierdeur ekstra guns in die oë van die Here sou vind. Paulus het dit egter duidelik gemaak dat hulle deur die werke van die wet niks tot hulle saligheid kon bydra nie.” Uit die werke van die wet sal geen vlees voor die Here geregverdig word nie, want deur die wet is die kennis van die sonde (Rom. 3:20). Ons moet vasstaan in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en onsself nie weer onder die diensbaarheid aan die sonde en die wet bring nie (Gal. 5:1). Enigeen wat ‘n evangelie bring in stryd met redding uit genade word ‘n vervloeking genoem (Gal. 1:8-9).

As die beginsels van goddelike liefde deur die Heilige Gees op die tafels van ons weergebore harte geskryf is, het ons waarlik ‘n boodskap vir ‘n wêreld in sy nood en kan ons die lieflike geur van Christus se kennis oral versprei. Dit sal ons in staat stel om die kwaad deur die goeie te oorwin en sodoende toonbeelde van Christus se liefde, vergewensgesindheid en reddende genade te wees. Ons is ook geroepe om die ortodokse Jode jaloers maak deur die wyse waarop ons die God van Abraham, Isak en Jakob deur die Messias dien (Rom. 11:11). Hierdie doel sal heeltemal verydel word as ons saam met die Jode feeste vier wat deur die wet voorgeskryf word, bv. die sabbat, omdat Jesus Christus daarop verloën word. Dan sou ons weer skaduwees najaag in plaas van die werklikheid van die Messias wat reeds gekom het. Alle Messiaanse Jode wat vroeër onder die wet was, moet saam met Paulus kan sê: “Nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons [die Here] dien in die  nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie” (Rom. 7:6).

As sulke verlostes dán feeste vier, moet dit eg Messiaanse feeste soos die Nagmaal wees, of die opstandingsfees van die Messias op Sondae. Ook die pinksterfees en die loofhuttefees kan as Messiaanse feeste gevier word waarin die eerste koms van die Messias, die uitstorting van die Heilige Gees, en die hoop op die Here Jesus se wederkoms uitdruklik erken word. Wanneer dit gedoen word, is die betrokke fees nie meer ‘n blote skaduwee van toekomstige dinge nie, maar dit het ‘n konkrete gestalte en vervulling in die Messias verkry (Kol. 2:16-17). Daardeur sal die deelnemers aan die fees vir Israel én die hele wêreld sê dat hulle viering nie binne die raamwerk en bepalings van die wet is nie, maar binne die raamwerk van die Messias se Nuwe Testamentiese heilsplan vir alle mense. Dit is só ‘n Christelike fees wat Paulus in gedagte gehad het toe hy gesê het: “Want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier...” (1 Kor. 5:7-8). Ons wat Christene is, moet ons nie ter wille van aanvaarbaarheid deur ortodokse Jode of ongeredde wêreldlinge vir Jesus skaam en sy Naam verswyg wanneer ons feesvier en die Here dien nie. Hy is ‘n lig tot verligting van die nasies én tot heerlikheid van sy volk Israel (Luk. 2:32). Israel is egter nie sy volk as hulle Hom nie as Messias erken en aanvaar nie. Dieselfde vereiste geld vir lede van die nie-Joodse volke, wat Jesus Christus in die geloof moet aanneem as hulle aan Hom wil behoort en deelgenote van sy genade wil word. Het jy dit al gedoen en dien jy Hom van harte onder die leiding van die Heilige Gees?

(einde)

Confession of faith

We confess the Holy Trinity – God the Father, God the Son and God the Holy Spirit (Mt. 28:19; Mk. 12:29). We take a strong stand on the Deity, eternal self-existence and virgin birth of the Lord Jesus (Jn. 20:28; Heb. 1:8-9; 1 Jn. 5:20). We believe in the divine inspiration and inerrancy of the Bible in the original languages, the need for all people to be born again spiritually to enter the kingdom of God, justification by faith in the Lord Jesus Christ (Jn. 3:3-8; Rom. 3:22-24; Eph. 1:7) and also the doctrine of sanctification by being filled with the Holy Spirit to become bold witnesses and disciples of the Lord Jesus (Acts. 15:8-9; 1 Thes. 4:3,7-8; Heb. 12:14; 1 Pet. 1:15-16). We firmly believe that the whole counsel of God has been revealed to us in His Word. We believe in the Second Coming of Jesus Christ (Acts. 1:10-11; 1 Cor. 15:22-23, 51-52; 1 Thes. 4:15-18; Rev. 1:7).

Geloofsbelydenis

kruisa1

Wie is die Vrye Baptiste?

1.   Ons is Protestante.
2.   Ons is Wesleyaans - Arminiaans.
3.   Ons is Baptiste.
4.   Ons is Fundamentaliste.
5.   Ons is Evangelies.
6.   Ons Naam:

“Vrye” Baptiste het te doen met die feit dat ons vry is van die Baptiste Unie is en dat ons dus ons eie Moderatuur het. Ons behoort ook nie aan die Wêreld Raad van Kerke nie.

Ons het ook nie afgestig van die Baptiste nie, maar het die Naam aanvaar omdat ons bekend gestaan het as die Zion Curch en dit later verwar is met die onbybelse Sioniste beweging.
{LEES MEER}

Wat behoort ‘n mens in die Kerk te vind?

1. Ondersoek die Fondament:
1.1 ‘n Behoorlike siening van die Woord
1.2 ‘n Beklemtoning van Bybelse lering en prediking
1.3 Leerstellige Gesondheid
1.4 Leerstellige Beoefening
2. Ondersoek die struktuur van die Kerk:
2.1 Kerklike bestuur
2.2 Bewyse van orde
2.3 Haalbare doelwitte
2.4 Die Grootte van die Kerk
3. Kyk hoe dit funksioneer:
4. Kyk na die atmosfeer:
4.1 ‘n Hoë beskouing van God
4.2 Die teenwoordigheid van opregte geloof
4.3 ‘n Gees van opoffering
4.4 Is daar ‘n regte gesindheid teenoor die predikant en die leiers?
4.5 Geestelike eenheid

{LEES MEER}

Christian Fundamentalism
Johan Malan

There are so many variations of Christianity with regard to its practices and creeds that the question is often asked: which is the correct one? Christians who strongly adhere to basic Scriptural pronouncements, principles and values are referred to as fundamental, conservative or evangelical believers. The characteristics of this disposition will be reviewed in terms of its relevancy to a sound faith.

Christian fundamentalism is associated with the following 32 basic principles:    {READ MORE}

Kenmerke van ‘n Gemeente
Johan Malan

Die basiese roeping, eienskappe en kenmerke van 'n ware gemeente van Christus.

Ons leef in ‘n tyd van ongekende misleiding, veral op godsdienstige gebied. Die duiwel span al sy misleidingskrag in om Jesus Christus se dissipels van die suiwer Bybelse leer afvallig te maak, hulle ywer te laat verflou, hulle met nietige dinge besig te hou wat geen ewigheidswaarde het nie, en hulle ook in morele sondes te laat verval. Sodoende verswak en ondermyn hy die kerk van Christus waarteen hy veg en behaal in die proses groot oorwinnings.
{LEES MEER}

Nuutste Preke (MP3)

Gebeds Reeks

Frikkie Osborne

1. Waar staan ek met God? [1:07:01]
2. Die Woord [59:44]
3. Gebed [1:00:55]
4. Die Heilige Gees [1:00:25]

 kneeling-praying-god-md

Heiligmaking &dove-hover

Wederkoms Dienste

 25 tot 27 Mei 2012
Prof. Johan Malan

Die skrif is aan die muur [47:33]
Nuwe wereldorde [53:39]
Jerusalem [56:11]
Betekenis van Jesus as Verlosser, Advokaat & Regter [42:15]
Die smal en die bree weg [43:33]

Mannekamp Boodskappe

Oktober 2012
Prof. Johan Malan

Josua: 'n Studie in Bybelse Tipologie
HANDLEIDING (PDF)

Deel 1 [52:36]
Deel 2 [44:46]
Deel 3 [54:06]
Deel 4 [41:22]
Deel 5 [45:16]

Josua: 'n Studie in
Bybelse Tipologie

Mannekamp Boodskappe
 Oktober 2011
Prof. Johan Malan

1. Die Verwoestende Gevolge van Slawerny [1:06:10]
2. Die Vereistes en Kenmerke van Dissipelskap  [1:12:50]
3. Die Belofte van die Wegraping in Thessalonicense  [1:04:12]
4. Hoedanighede waarin die Here Jesus Gaan Verskyn  [ 1:04:27]
5. Die Stryd Tussen Twee Koninkryke  [46:13]

        Geestelike Bevryding,
Dissipelskap en

Voorbereidings
vir die Toekoms

Prayer

gebedKort Boodskap (mp3)
Ds. Marius Wolfaardt
Skilpaaie wat
gebed verhinder
(7:15)

EM Bounds:

Begin the Day with Prayer
THE men who have done the most for God in this world have been early on their knees. He who fritters away the early morning, its opportunity and freshness, in other pursuits than seeking God will make poor headway seeking him the rest of the day. If God is not first in our thoughts and efforts in the morning, he will be in the last place the remainder of the day.  {READ MORE}

Much Time Should Be Given to Prayer
Much time spent with God is the secret of all successful praying. Prayer which is felt as a mighty force is the mediate or immediate product of much time spent with God. Our short prayers owe their point and efficiency to the long ones that have preceded them.  {READ MORE}

Preachers Need the Prayers of the People
It is absolutely necessary for the preacher to pray. It is an absolute necessity that the preacher be prayed for. It will take all the praying he can do, and all the praying he can get done, to meet the fearful responsibilities and gain the largest, truest success in his great work.  {READ MORE}

Die Rol van Gebed
Johan Malan

Opsomming:
Enkele kenmerke van gebed, asook verskillende vorms van gebed.  {LEES MEER}

The Importance of Prayer
Johan Malan

Prayer is one of the most important Christian activities. Through prayer one maintains an intimate walk with the Lord and lays the foundation for success in other spiritual activities. It also ensures victory in the struggle against Satan as you commit yourself in faith to the protection and care of the Great Victor, Jesus Christ. Dr. Andrew Murray said: “I am convinced that we will never fully appreciate what the great significance of prayer is as long as we only regard it as a way to sustain our own spiritual life. But if we learn to view it as the most important work entrusted to us, the basis and strength of all our work, then we will realise that there is nothing we should study and practice as the art of praying correctly.”

The request of the disciples was: “Lord, teach us to pray” (Luke 11:1). We can only learn the art of true prayer and intercession from the Great Intercessor, Jesus Christ. It is a school in which we must grow in grace and knowledge (2 Pet. 3:18). Although prayer, in its initial form, is so simple that even the smallest child can pray, it is at the same time the highest form of dedication to which believers are called.   {READ MORE}

Die Sonde van Biddeloosheid (mp3)
Luister na die preek (33:38)
Ds. Hannes Delport

The Power of Prayer
RA Torrey

Ye have not, because ye ask not (James 4:2).
"Why is it," many a Christian is asking, "that I make such poor progress in my Christian life? Why do I have so little victory over sin? Why do I win so few souls to Christ? Why do I grow so slowly into the likeness of my Lord and Savior Jesus Christ?" And God answers in the words of the text: "Neglect of prayer. You have not, because you ask not."  {READ MORE}

The Word of God

How To Study the Bible
George Muller
The Manner of Reading the Bible / Stick to the Word of God / Read Consecutively / Connecting the Scriptures / Read the Word Prayerfully / Also Meditate On the Word / Read With Faith / Be Doers of the Word... 

Read More

The Word of God
Prof. Johan Malan

In this article, 14 characteristics of the Word of God are described. These statements are most significant in view of the fact that that a large body of modern theologians have, through their prejudice and destructive criticism, relegated the Bible to the level of highly contentious and disputed writings of human origin.

Read More

Spiritual Backsliding

The Backslider in Heart
Charles G. Finney

I. What backsliding in heart is not.
II. What backsliding in heart is.
III. What are evidences of backsliding in heart.
IV. What are consequences of backsliding in heart.
V. How to recover from this state.

Read More

Spiritual Backsliding
Prof. Johan Malan

It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the objective truth about spiritual backsliding you should consult the Bible and not biased or erroneous church dogma. Some churches, mostly in the Wesleyan tradition, agree to the possibility of backsliding while others, mostly Calvinistic and Lutheran churches, reject the possibility of apostatising and falling from grace. What does the Bible teach?

Read More

Marginale, Teruggevalle en Valse Christene
Prof. Johan Malan

Die toestand van ‘n mens se hart beskryf die aard van jou geestelike lewe en morele beginsels. Die hart is die sentrum van jou gees en siel, en dus bepalend vir jou wil, emosies en denkwyse. Jou hart is óf ‘n woonplek vir God óf ‘n woonplek vir Satan.

Read More

Mission

aaaMalawiLOGO

Blanket Project

NadiaTKaren

 

The women of the Free State FBC started a blanket project in 2014 to crochet a double bed blanket for every minister and his wife. The first blankets were delivered with our last tour in January. The ladies that are part of this project asked for a photo of the families their blankets went to so that they can also pray for them.

KomberseProjek1 KomberseProjek2
KomberseProjek3 KomberseProjek4

A wheelchair for Eliza

ElizaDawala

Above is Eliza Divala and her husband, she received a wheelchair in March 2014. She has never been able to walk in her life and this is her first wheelchair ever.

aaamalawi map GLC

PLANNING:

Next Tour – June 2016

The Biggest Needs of the Mission:
Material for 3 church buildings

Cement - most of the churches need to be completed
Repair work on the pastors’ houses
Chichewa & Portuguese Bibles (R80 per Bible)

Hymnals for all the churches (R26 each)

{MORE INFO...}

Are you born again?

The Necessity of Rebirth
Prof. Johan Malan

Scripture reading: “There was a man of the Pharisees named Nicodemus, a ruler of the Jews. This man came to Jesus by night and said to Him, Rabbi, we know that You are a teacher come from God; for no one can do these signs that You do unless God is with him. Jesus answered and said to him, Most assuredly, I say to you, unless one is born again, he cannot see the kingdom of God. Nicodemus said to Him, How can a man be born when he is old? Can he enter a second time into his mother’s womb and be born? Jesus answered, Most assuredly, I say to you, unless one is born of water and the Spirit, he cannot enter the kingdom of God. That which is born of the flesh is flesh, and that which is born of the Spirit is spirit. Do not marvel that I said to you, You must be born again… Nicodemus answered and said to Him, How can these things be? Jesus answered and said to him, Are you the teacher of Israel, and do not know these things?” (John 3:1-10).

Read More

Slaves of Sin
Prof. Johan Malan

But there is another, more abstract form of slavery by an invisible enemy, to which most people are subjected for their entire life, and that is spiritual and moral slavery. This is a problem which faces all people as all of us are slaves of sin because of the fallen nature which we have inherited from Adam. Sin is the consequence of alienation from God, and that accounts for the spiritual and moral depravity of mankind. The Fall has rendered humanity despicable in the eyes of God (Gen. 6:5-6). Paul says: “... through one man sin entered the world, and death through sin, and thus death spread to all men, because all sinned” (Rom. 5:12).

Read More

Is u weergebore?

Het jy in jou geestelike lewe op die plek gekom waar jy met sekerheid weet dat indien jy vandag te sterwe kom, jy hemel toe sal gaan? Veronderstel jy sou vandag te sterwe kom en voor God te staan kom en Hy sou jou vra, “Waarom moet Ek jou in my Hemel toelaat?” Wat sal jou antwoord wees?

As jy nie een van die vrae kan antwoord nie, wat dan??
{LEES MEER}

Preke (mp3)
Prof. Johan malan

Redding / Fondamente / Groei

The Second Coming

How Can We be Ready for the Second Coming of Christ?
Johan Malan

There are various prophecies in the Bible by which Christians are encouraged to be vigilant and ready for the sudden coming of the heavenly Bridegroom. These instructions and admonitions should be taken seriously, as there are so many things that can divert the attention of a believer from his calling as a servant of Christ, who should be able to boldly give an account of his life when his Master returns at an unexpected hour. On that day He will catch away His bride to her heavenly abode, and then it will be too late to prepare for His coming and to rearrange your priorities in life. The following is one of the many calls to be found alert, dedicated and faithful on the day of the second coming:

“Take heed, watch and pray; for you do not know when the time is. It is like a man going to a far country, who left his house and gave authority to his servants, and to each his work, and commanded the doorkeeper to watch. Watch therefore, for you do not know when the master of the house is coming – in the evening, at midnight, at the crowing of the rooster, or in the morning – lest, coming suddenly, he find you sleeping. And what I say to you, I say to all: Watch!” (Mark 13:33-37).   {READ MORE}

Tekens van die Tye
Johan Malan
Hoewel daar beslis ‘n verrassingselement in die wegraping is, is daar aan ons verskeie tekens van die eindtyd gegee sodat ons ten minste sal weet wanneer dit naby is:
  “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is” (Luk. 21:28).
{LEES MEER}

The Rapture Explained
By Golda Chimere-Dan

The rapture is the event in which the Lord Jesus Christ will appear in the cloud at the voice of the archangel and the last trumpet sound to take all Bible believing, born again Christians away from the surface of this earth before the Almighty God unleashes his anger on a sinful, unrepentant and Christ-rejecting world.

The rapture is an event that will take place very soon and very suddenly. It will be the most astonishing event in the history of the world which will turn the entire planet on its head. The Bible teaches this very clearly and it is the hope of every believer in the Lordship of Jesus Christ to be among those who experience the rapture.  {READ MORE}

Die Wegraping
Johan Malan
Die belofte oor die wegraping is van die allergrootste belang. Hierdie gebeurtenis sal die kerkbedeling afsluit  wanneer die ware Christene na die hemel weggevoer word om voor die regterstoel van Christus te verskyn. Verwag jy dit en is jy hierop voorbereid?
{LEES MEER}

Ons Gee Om!

geskenkbw

God het so vir u omgegee dat Hy die hoogste prys vir u betaal het, deur Sy Seun te laat sterf aan die kruis. Daardie liefde brand ook in ons harte, wanneer ons u nooi om deel van hierdie familie te word. Jesus sê: Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal vir julle rus gee. (Matt. 11:28)

Lees Meer

Christen Leiers

Karaktertrekke van ‘n Christen Leier
Titus 1:4-6a
Drie areas om onberispelik in te wees:

Familie Lewe (2:6)
Persoonlike Karakter (2:7,8)
Bekwaamheid om die Woord te kan gebruik. (2:9-16)

Lees Meer

Die Rol van die Ouderling

1 Tim 3:1-7 en Titus 1
Wat is die rol van die ouderling?
Wat is die Kwalifikasies van ‘n ouderling?

Lees Meer

Die Vrou in die Gemeente

Die rol van die vrou in die gemeente is in beginsel ooreenstemmend met haar sosiale posisie in die gesin: in beide gevalle het die Here die man as hoof oor haar aangestel. Hierdie reëling bevat geen element van diskriminasie teen die vrou nie, maar is getref om die godgegewe natuur, emosionele ingesteldheid en pligte van beide geslagte op die beste moontlike manier tot hulle reg en onbelemmerde ontplooiing te laat kom.

Lees Meer

Die Verband tussen die Wet en Genade
Johan Malan

Verskillende soorte wette
Die Nuwe Testamentiese wet van die liefde
Die beëindiging van die bedeling van die wet
Die grondslag van Israel se wettiese vormgodsdiens
Die genade van Christus is meer uitnemend as die wet

Lees Meer

The History of the Free Baptist Church

THE ORIGINS TO THE PRESENT

The history of the Church in South Africa begins with the coming of the History Dutch (1652) History French Huguenots (1668) Dutch (1652), the French Huguenots (1668) and the early German History German Lutheran Settlers a little later. With perhaps a few exceptions, these settlers were all Protestants. The Dutch Reformed Church (DRC), controlled by hierarchy in Amsterdam, was the established church into which the Huguenots, with the exception of the German Lutheran, were assimilated. By l875 most of the non-state churches (those in the English group) in the Cape Colony became known as `free' churches. These churches became known as the 'English Free Churches English speaking Speaking Churches.’
{READ MORE}

Bybels v Malawi LOGO

Bybel

Bybels vir Malawi Projeka1

Bestel 'n Hangertjie

aa00

"Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang."
Handelinge 20:35

Sanctification

How to Keep Sanctified
Booklet by J.O. Mc CLURKAN

The conflict is not over when you enter the sanctified life. The enemy within has been cast out, but sin in a thousand different forms lurks about you. To retain a pure heart requires the utmost vigilance. “Let him that thinketh he standeth take heed lest he fall.”
The Israelites did most of their fighting after entering Canaan; but few conquests were made in the wilderness. It takes the grace of entire sanctification to guarantee continuous victory in a land of walled cities, giants and thirty-one kings.

{READ BOOKLET}    [Download PDF]

Leef Heilig vir die Koms van die Bruidegom!
Johan Malan

Heiligmaking bepaal nie net die kwaliteit van ons verhouding met die Here hier op aarde nie, maar dit moet uitdruklik ook met die oog op die wederkoms van Jesus beoefen word. Die ware kerk is die bruid van die Here Jesus, wat by sy wederkoms met ‘n rein kleed voor Hom gestel moet word. Hiervoor het ons twee genadewerke in ons lewe nodig. Die eerste genadewerk staan in verband met die aanvanklike reiniging wat ons tydens wedergeboorte ontvang, terwyl die tweede genadewerk met volkome heiligmaking, of vervulling met die Heilige Gees, in verband staan. Jesus Christus het Homself vir altwee hierdie genadewerke aan ons oorgegee en verwag dat ons Hom vir beide daarvan sal vertrou:

"Christus [het] ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees" (Ef. 5:25-27).
{LEES MEER}

Die Koringkorrel moet Sterf
Johan Malan

As ons nie bereid is om te sterf vir die wêreld, die vlees en die sonde nie, kan ons nie bruikbare dissipels van Jesus word nie. In só ‘n toestand sal ons “alleen” en “onvrugbaar” wees en nie aan ons doel as Christene beantwoord nie. Die Here Jesus het gesê: “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug” (Joh. 12:24).

{LEES MEER}

We Must Be Holy
JC Ryle

We must he holy on earth before we die, if we desire to go to heaven after death. If we hope to dwell with God for ever in the life to come, we must endeavour to be like Him in the life that now is. We must not only admire holiness, and wish for holiness: we must be holy.
{LEES MEER}

Die stryd teen vleeslikheid
Andrew Murray

Baie Christene leef in ‘n toestand van vleeslikheid voort deurdat hulle nie na ‘n lewe van oorwinning in die krag en onder die leiding van die Heilige Gees streef nie. Die gevolg hiervan is dat die eienskappe van die vlees oorheersend in hulle lewe bly en alle moontlikheid van geestelike groei uitskakel. Hulle bly klein kindertjies in die Here wat as gevolg van hulle beperkinge en tekortkominge onbevoeg is om geestelike werk te doen. Hulle vertoon nie die vrug van die Gees nie en word deur verdorwe emosies soos selfgesentreerdheid, twis, jaloersheid en tweedrag gekenmerk. Daar is egter ‘n oplossing vir hierdie ernstige probleem.
{LEES MEER}

Die Pad van die Here
Johan Malan

Die pad van die regverdiges is die pad van die lewe. Die Here Jesus het hierdie nuwe en lewende weg vir ons deur sy kruisdood geopen, en nooi ons daarheen. Hoe word ons op hierdie pad geplaas? Dit begin by ons wedergeboorte, en terwyl ons geestelik groei word die pad al hoe helderder tot die volle dag.
{LEES MEER}

Preke oor Heiligmaking (mp3):
Geesvervulling 1 (34:44)
Geesvervulling 2 (35:07)- Ds. Hannes Delport
Christelike Volmaaktheid Nou (51:33) - Ds. Marius Wolfaardt

Four messages

Four messages are presented on key issues which directly affect the nature of preparations which the church as the bride of Christ should make to be ready for the sudden coming of Jesus Christ as the heavenly Bridegroom
Johan Malan

Preface

Who is Jesus and how Well do we Know Him?

The Grey Area of Deception between Two Kingdoms

Typology of Abraham and his Family

The Necessity of Complete Sanctification

Epilogue

Read Booklet

From Darkness to the Light

 

God’s Plan of Salvation
Prof. Johan Malan

 

There is a definite way that the Lord Jesus deals with unbelievers to save them, equip them for service and prepare them for eternal life in heaven. The willingness and full co-operation of each one of us, according to fixed biblical guidelines, is necessary if we wish to avert the tragedy of a false repentance. We can all share in the wonderful experience to be called by the Lord out of the darkness of sin into His marvellous light. I invite you to explore with me the unsearchable riches of the Lord’s love and saving grace, and to accept it by faith.

1. Calling
2. Sorrow
3. Repentance or Conversion
4. Justification
5. Rebirth
6. Sanctification
7. Glorification
False Foundations
How to Grow in Grace

Read Complete Booklet

Literature

Books Tracts
boekies2

There's a selection of books on various subjects such as
salvation / rebirth, spiritual growth, sanctification,
Christ's return, Bible study and more. These books can
be used for personal study and also Bible study groups.

{READ MORE}
______________________________

Ons het 'n verskeidenheid van boeke wat handel oor
redding / wedergeboorte, geestelike groei, heiligmaking,
die wederkoms, Bybelstudie en nog meer.  Daar is boeke
vir persoonlike studie, en ook vir Bybelstudie groepe.

{LEES MEER}

      lighuis

There's a big selection of Evangelical tracts
available in many different languages.

If you need tracts for your outreaches please
contact us.
_________________________

Daar is 'n groot verskeidenheid Evangeliese
traktaatjies,
in meeste tale beskikbaar. Ook
Johannes Evangelies
met stappe voor in wat
verduidelik hoe om gered te word,
in verskeie
tale.


As u traktaatjies benodig om mee uit te reik,
kontak ons
,
ons pos dit so gou moontlik na u.