Johan Malan
Opsomming: Enkele kenmerke van gebed, asook verskillende vorms van gebed.
Gebed is een van die belangrikste Christelike aktiwiteite wat daar is. Hierdeur beoefen jy ‘n intieme wandel met die Here en lê die grondslag vir sukses in ander geestelike aktiwiteite. Dit plaas jou ook op oorwinningsgrond in die stryd teen die Bose, omdat jy jouself in die geloof aan die beskerming en sorg van die Groot Oorwinnaar, Jesus Christus, toevertrou. Dr. Andrew Murray het gesê:
“Ek is daar seker van dat ons nooit ten volle sal weet wat die gebed bedoel is om te wees nie, solank as wat ons dit hoofsaaklik beskou as ‘n middel om ons eie Christelike lewe te onderhou. Maar as ons leer om dit te beskou as die vernaamste deel van die werk wat aan ons toevertrou is, die grond en sterkte vir al ons werk, dan sal ons sien dat daar niks is wat ons so moet bestudeer en beoefen as die kuns om reg te bid nie.”
Die versoek van die dissipels was: “Here, leer ons bid” (Luk. 11:1). Die kuns van ware gebed en voorbidding kan ons alleen by die Groot Voorbidder, Jesus Christus, leer. Dit is ‘n leerskool waarin ons ook moet toeneem in genade en kennis. Hoewel die gebed in sy beginstadium so eenvoudig is dat die kleinste kind kan bid, is dit terselfdertyd ook die hoogste vorm van arbeid waartoe die mens geroep word.
Priesterlike werk
As ‘n heilige priesterdom moet ons leer wat dit is om volhardend by die genadetroon van God vir die redding van siele te pleit. ‘n Priester leef net vir die eer van God en die redding van mense. Sy gebed gaan dus nie om eiebelang nie. Ons moet in dié opsig van die Hoëpriester leer. Soos wat Christus Homself vir ons opgeoffer het, moet ons ook in ons gebedslewe onsself vir die geestelike belange van andere opoffer.
Die groot betekenis van ‘n lewe van gebed kan ook uit die oogpunt van die teenoorgestelde posisie verstaan word, nl. dié van biddeloosheid. In alle Christene se lewens het dit tragiese gevolge, omdat dit ‘n aanduiding van geestelike kragteloosheid en ondoeltreffendheid is. ‘n Predikant stel hierdeur sy hele bediening in die gevaar. Oor biddelose predikers sê die bekende herlewingsprediker, Charles Finney:
“Ek is daarvan oortuig dat niks in die Christelike godsdiens so moeilik en seldsaam bereikbaar is as ‘n biddende hart nie. Hiersonder is jy so swak soos die swakheid self. As jy jou gees van gebed verloor sal jy niks bereik nie, of byna niks nie, selfs al het jy ook die intellektuele vermoë van ‘n engel. As jy jou geestelikheid verloor moet jy in die middel van jou teologiese studies ophou en jou uit hierdie toestand tot God bekeer. As jy dit nie wil doen nie, moet jy liewer vir jouself ‘n ander werk gaan soek, want ek kan my nie iets meer weersinswekkend en afstootlik as ‘n wêreldsgesinde predikant voorstel nie. Mag die geseënde Here sy kerk verlos en bewaar van leierskap deur biddelose manne.”
Die Heilige Gees en gebed
Leiding vir gebed kom van die Heilige Gees af:
“En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge” (Rom. 8:26).
Ons moet onsself gedurig aan die leiding van die Heilige Gees oorgee om ons gedagtes, gebede en ons hele lewe te oorheers. Hiersonder sal ons nie die vurige gebed van ‘n regverdige kan bid, wat groot krag het nie (Jak. 5:16).
Duidelikheid van gebedsversoeke
Gebedsversoeke moet spesifiek en duidelik omskrewe wees. Die Here Jesus se vraag is: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” (Mark. 10:36). Ons gebede moet dus nie vaag en doelloos wees nie. Moenie net in die algemeen bid dat die Here jou sonde moet vergewe nie, maar noem jou sondes en ongeregtighede by die naam.
Ook in jou taak van voorbidding vir andere moet jy daarteen waak om ongeïdentifiseerde gebede vir die redding van siele te bid, asook versoeke dat die Here alle mense op aarde moet seën. Sulke gebede is op geen spesifieke land, gemeenskap, groep, familie, indiwidu of probleem gerig nie, dus sal jy nie weet waar om vir die antwoord te kyk nie.
Binnekamergebede
Elke Christen móét ‘n persoonlike gebedsverhouding met die Here Jesus handhaaf. Sorg daarvoor dat daar tye en plekke is waar jy gereeld alleen met die Here praat:
“Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde” (Matt. 6:6).
Die persoonlike gebed is ‘n verborge geestelike kragbron in jou lewe. As dit ‘n gereelde instelling in jou lewe is, sal die Here Jesus jou in die openbaar vergeld. Wanneer jy tussen mense is en met versoekinge en aanslae te kampe het, sal Hy jou beloon deur aan jou krag tot oorwinning te skenk. Jou vriende, familie en kollegas sal sien dat jy ‘n mate van selfbeheersing, kalmte, vertroue, vasberadenheid, opregtheid en beginselvastheid het wat net van die Here af kom.
Groepsgebede
‘n Besondere seën rus op gebedsbyeenkomste:
“As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is. Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hulle midde” (Matt. 18:19-20).
‘n Kind van die Here het nie alleen ’n behoefte aan die verborge, eensame gebed nie, maar ook aan openbare gebede saam met ander Christene. Ons word deur dieselfde Gees tot lede van een liggaam saamgebind, daarom moet ons ook as ‘n groep funksioneer en vir die verwesenliking van ‘n bepaalde doel saamwerk.
Uit die teks hierbo is dit duidelik dat ons oor ‘n saak moet saamstem. Die geheim van gesamentlike gebed moet ontdek en beoefen word, naamlik dat almal teenwoordig in hulle gemoed sal saambid en saamstem terwyl een persoon aan die woord is. ‘n Biduur bestaan dus nie uit die opstapeling van ‘n aantal indiwiduele gebede nie, maar uit die onderlinge deelname aan één gebed.
‘n Groepsgebed behoort ‘n doel en ‘n begrensing te hê deur gebedsversoeke en -temas vooraf te noem. By hierdie onderwepe moet dan gehou en onnodige herhaling voorkom word. As een persoon ‘n saak noem en die ander het in hulle gees saamgestem, hoef dit nie weer in dieselfde vorm deur iemand anders herhaal te word nie. Indien die saak baie belangrik is en weer genoem word, moet die volgende gebed aanvullend tot die voriges wees deur bv. verdere aspekte van die probleem te beklemtoon.
Kort, kernagtige gebede is die ideaal, anders verloor jy die betrokkenheid en belangstelling van ander. Moenie alleen vir alle sake bid wat vooraf genoem is, en sodoende die biduur oorheers en ‘doodbid’ nie. Bid liewer meer as een keer, ten einde saam met ander ‘n ketting te vorm waarin alle gebede tot fasette van dieselfde gebed saamvloei.
Die sekerheid van gebedsverhoring
Die Here Jesus is self die waarborg vir gebede wat in sy Naam gebid word:
“En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word” (Joh. 14:13; vgl. ook Joh. 16:23).
“Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word” (Matt. 7:7-8).
“Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry” (Mark. 11:24).
Die Bybelse beloftes oor gebedsverhoring is voorwaardelik, en dit is in elkeen van ons se belang om ‘n studie van die voorwaardes te maak en nougeset daaraan te voldoen:
Gebedstemas
Die volgende is Bybelse voorskrifte oor gebedstemas:
Lofprysing
Prys die Here vir al sy grootheid en goedheid en guns. Verheerlik sy Naam en bring aan Hom die lof wat Hom toekom. Gebruik grepe uit die Psalms, bv. Psalm 103, vir hierdie doel.
Danksegging
Sê vir die Here dankie vir alles wat Hy vir die redding van die gevalle mensdom, en ook vir jou persoonlik, gedoen het. Dank Hom vir al die wonderlike beloftes in sy Woord. Hy het belowe om jou nooit te begewe en jou nooit te verlaat nie, om nooit te laat vaar die werke van sy hande nie, om in elke behoefte van jou te voorsien na die rykdom van sy genade, en om met jou te wees tot aan die voleinding van die wêreld.
Die behoeftes van die heiliges
Die volgende opdrag word in Efésiërs 6:18 gegee: "...terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges." Bid vir voorsiening in die behoeftes van die heiliges. Bid dat hulle beskerm sal word teen al die aanslae van Satan. Bid dat die Here aan hulle geopende deure vir die bediening van sy Woord sal gee, en groot vrymoedigheid om die verborgenheid van die evangelie aan 'n verloregaande wêreld te verkondig.
Jou eie behoeftes
"Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God" (Fil. 4:6). Dank die Here omdat Hy vir jou sorg.
Die redding van siele
"Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was" (Luk. 19:10). Dit is die groot doel van die Here Jesus se koms na hierdie wêreld, dus moet daar baie vir die verkondiging van die evangelie en die redding van siele gebid word. Bid ook dat die Here arbeiders sal uitstuur om die oes in te samel: "Toe sê Jesus vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur" (Matt. 9:37-38).
Heiligmaking en herlewing
"...dit is die wil van God: julle heiligmaking" (1 Thess. 4:3). "Soos gehoorsame kinders moet julle nie jul lewe inrig volgens die begeerlikhede wat tevore in julle onwetendheid bestaan het nie. Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word, omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig" (1 Pet. 1:14-16). Maak dit 'n gebedsaak om 'n heilige, oorwinnende lewe te lei. Bid ook vir herlewing in teruggevalle kerke. Vir die gemeente in Éfese sê die Here: "Ek het dit teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie" (Op. 2:4-5).
Genesing
Die Here Jesus wil ook ons liggaamlike ongesteldhede genees (Matt. 8:16-17), daarom word dit aan gemeentes opgedra om vir siekes te bid: "Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid" (Jak. 5:14). Die Here genees soms mense regstreeks, maar in baie gevalle gebruik Hy die mediese wetenskap vir hierdie doel. Die apostel Lukas was 'n geneesheer en daar was duidelik plek vir so 'n loopbaan. Siekes én hulle geneeshere moet aan die Here se sorg opgedra word.
Oorwinningskrag in die geestelike stryd
"Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak" (Matt. 26:41). "Verlos ons van die Bose" (Matt. 6:13). "Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug" (Jak. 4:7). Vertrou die Here vir krag om die Bose te oorwin.
Die regering
"In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense; vir konings en almal wat hoggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid. Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word" (1 Tim. 2:1-4). Hieruit is dit duidelik dat mens nie hoef te bid dat die Here 'n goddelose regering seën nie, maar dat hulle siele gered sal word, en dat die Here hulle daarvan sal weerhou om onleefbare toestande vir hulle onderdane in die land te skep. Die Here kán bose raad verydel en enige leier besluite laat neem wat in ooreenstemming met sy wil en die gebede van sy kinders is: "Die koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome: Hy lei dit waarheen hy wil" (Spr. 21:1).
Israel se redding en die vrede van Jerusalem
"Sê vir die huis van Israel... Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring. Dan sal Ek skoon water op julle giet sodat julle rein kan word: (Eseg. 36:22-25). Die herstel van Israel is deel van God se raadsplan, en ons moet hiervoor bid, asook vir dié volk se geestelike ontwaking. Daar moet vir die vrede van Jerusalem gebid word, omdat die vyand se aanvalle in die besonder op dié stad gerig is: "Bid om die vrede van Jerusalem" (Ps. 122:6; vgl. ook Jes. 62:6-7).
Reën en materiële seëninge
Die Here gee reën (Jer. 14:22), en weerhou dit ook indien 'n volk in goddeloosheid verval (Jer. 3:2-3). Wanneer daar dus om reën gebid word, moet dit met gebede van persoonlike, gemeentelike én nasionale verootmoediging gepaard gaan.
Die wederkoms
"...laat u koninkryk kom" (Matt. 6:10). Dit moet die gebedsverlange van elke gelowige wees dat Christus spoedig sal kom om sy koninkryk van geregtigheid te openbaar (Op. 22:17; Joh. 14:2-3).
(einde)
< Prev | Next > |
---|
We confess the Holy Trinity – God the Father, God the Son and God the Holy Spirit (Mt. 28:19; Mk. 12:29). We take a strong stand on the Deity, eternal self-existence and virgin birth of the Lord Jesus (Jn. 20:28; Heb. 1:8-9; 1 Jn. 5:20). We believe in the divine inspiration and inerrancy of the Bible in the original languages, the need for all people to be born again spiritually to enter the kingdom of God, justification by faith in the Lord Jesus Christ (Jn. 3:3-8; Rom. 3:22-24; Eph. 1:7) and also the doctrine of sanctification by being filled with the Holy Spirit to become bold witnesses and disciples of the Lord Jesus (Acts. 15:8-9; 1 Thes. 4:3,7-8; Heb. 12:14; 1 Pet. 1:15-16). We firmly believe that the whole counsel of God has been revealed to us in His Word. We believe in the Second Coming of Jesus Christ (Acts. 1:10-11; 1 Cor. 15:22-23, 51-52; 1 Thes. 4:15-18; Rev. 1:7).
Wie is die Vrye Baptiste?
1. Ons is Protestante.
2. Ons is Wesleyaans - Arminiaans.
3. Ons is Baptiste.
4. Ons is Fundamentaliste.
5. Ons is Evangelies.
6. Ons Naam:
“Vrye” Baptiste het te doen met die feit dat ons vry is van die Baptiste Unie is en dat ons dus ons eie Moderatuur het. Ons behoort ook nie aan die Wêreld Raad van Kerke nie.
Ons het ook nie afgestig van die Baptiste nie, maar het die Naam aanvaar omdat ons bekend gestaan het as die Zion Curch en dit later verwar is met die onbybelse Sioniste beweging.
{LEES MEER}
Wat behoort ‘n mens in die Kerk te vind?
1. Ondersoek die Fondament:
1.1 ‘n Behoorlike siening van die Woord
1.2 ‘n Beklemtoning van Bybelse lering en prediking
1.3 Leerstellige Gesondheid
1.4 Leerstellige Beoefening
2. Ondersoek die struktuur van die Kerk:
2.1 Kerklike bestuur
2.2 Bewyse van orde
2.3 Haalbare doelwitte
2.4 Die Grootte van die Kerk
3. Kyk hoe dit funksioneer:
4. Kyk na die atmosfeer:
4.1 ‘n Hoë beskouing van God
4.2 Die teenwoordigheid van opregte geloof
4.3 ‘n Gees van opoffering
4.4 Is daar ‘n regte gesindheid teenoor die predikant en die leiers?
4.5 Geestelike eenheid
Christian Fundamentalism
Johan Malan
There are so many variations of Christianity with regard to its practices and creeds that the question is often asked: which is the correct one? Christians who strongly adhere to basic Scriptural pronouncements, principles and values are referred to as fundamental, conservative or evangelical believers. The characteristics of this disposition will be reviewed in terms of its relevancy to a sound faith.
Christian fundamentalism is associated with the following 32 basic principles: {READ MORE}
Kenmerke van ‘n Gemeente
Johan Malan
Die basiese roeping, eienskappe en kenmerke van 'n ware gemeente van Christus.
Ons leef in ‘n tyd van ongekende misleiding, veral op godsdienstige gebied. Die duiwel span al sy misleidingskrag in om Jesus Christus se dissipels van die suiwer Bybelse leer afvallig te maak, hulle ywer te laat verflou, hulle met nietige dinge besig te hou wat geen ewigheidswaarde het nie, en hulle ook in morele sondes te laat verval. Sodoende verswak en ondermyn hy die kerk van Christus waarteen hy veg en behaal in die proses groot oorwinnings.
{LEES MEER}
Gebeds Reeks |
Frikkie Osborne | |
1. Waar staan ek met God? [1:07:01] |
![]() |
|
Heiligmaking & |
25 tot 27 Mei 2012 Prof. Johan Malan |
|
Die skrif is aan die muur [47:33] |
||
Mannekamp Boodskappe |
Oktober 2012 |
|
Josua: 'n Studie in Bybelse Tipologie Deel 1 [52:36] |
Josua: 'n Studie in |
|
Mannekamp Boodskappe |
Oktober 2011 Prof. Johan Malan |
|
1. Die Verwoestende Gevolge van Slawerny [1:06:10] |
Geestelike Bevryding, Dissipelskap en Voorbereidings vir die Toekoms |
Kort Boodskap (mp3)
Ds. Marius Wolfaardt
Skilpaaie wat
gebed verhinder (7:15)
EM Bounds:
Begin the Day with Prayer
THE men who have done the most for God in this world have been early on their knees. He who fritters away the early morning, its opportunity and freshness, in other pursuits than seeking God will make poor headway seeking him the rest of the day. If God is not first in our thoughts and efforts in the morning, he will be in the last place the remainder of the day. {READ MORE}
Much Time Should Be Given to Prayer
Much time spent with God is the secret of all successful praying. Prayer which is felt as a mighty force is the mediate or immediate product of much time spent with God. Our short prayers owe their point and efficiency to the long ones that have preceded them. {READ MORE}
Preachers Need the Prayers of the People
It is absolutely necessary for the preacher to pray. It is an absolute necessity that the preacher be prayed for. It will take all the praying he can do, and all the praying he can get done, to meet the fearful responsibilities and gain the largest, truest success in his great work. {READ MORE}
Die Rol van Gebed
Johan Malan
Opsomming: Enkele kenmerke van gebed, asook verskillende vorms van gebed. {LEES MEER}
The Importance of Prayer
Johan Malan
Prayer is one of the most important Christian activities. Through prayer one maintains an intimate walk with the Lord and lays the foundation for success in other spiritual activities. It also ensures victory in the struggle against Satan as you commit yourself in faith to the protection and care of the Great Victor, Jesus Christ. Dr. Andrew Murray said: “I am convinced that we will never fully appreciate what the great significance of prayer is as long as we only regard it as a way to sustain our own spiritual life. But if we learn to view it as the most important work entrusted to us, the basis and strength of all our work, then we will realise that there is nothing we should study and practice as the art of praying correctly.”
The request of the disciples was: “Lord, teach us to pray” (Luke 11:1). We can only learn the art of true prayer and intercession from the Great Intercessor, Jesus Christ. It is a school in which we must grow in grace and knowledge (2 Pet. 3:18). Although prayer, in its initial form, is so simple that even the smallest child can pray, it is at the same time the highest form of dedication to which believers are called. {READ MORE}
Die Sonde van Biddeloosheid (mp3)
Luister na die preek (33:38)
Ds. Hannes Delport
The Power of Prayer
RA Torrey
Ye have not, because ye ask not (James 4:2). "Why is it," many a Christian is asking, "that I make such poor progress in my Christian life? Why do I have so little victory over sin? Why do I win so few souls to Christ? Why do I grow so slowly into the likeness of my Lord and Savior Jesus Christ?" And God answers in the words of the text: "Neglect of prayer. You have not, because you ask not." {READ MORE}
How To Study the Bible
George Muller
The Manner of Reading the Bible / Stick to the Word of God / Read Consecutively / Connecting the Scriptures / Read the Word Prayerfully / Also Meditate On the Word / Read With Faith / Be Doers of the Word...
The Word of God
Prof. Johan Malan
In this article, 14 characteristics of the Word of God are described. These statements are most significant in view of the fact that that a large body of modern theologians have, through their prejudice and destructive criticism, relegated the Bible to the level of highly contentious and disputed writings of human origin.
The Backslider in Heart
Charles G. Finney
I. What backsliding in heart is not.
II. What backsliding in heart is.
III. What are evidences of backsliding in heart.
IV. What are consequences of backsliding in heart.
V. How to recover from this state.
Spiritual Backsliding
Prof. Johan Malan
It is important that one understands the phenomenon of apostatising, or backsliding, as every believer should be able to identify and counter this backward course in his or her spiritual life whenever it occurs. If you wish to determine the objective truth about spiritual backsliding you should consult the Bible and not biased or erroneous church dogma. Some churches, mostly in the Wesleyan tradition, agree to the possibility of backsliding while others, mostly Calvinistic and Lutheran churches, reject the possibility of apostatising and falling from grace. What does the Bible teach?
Marginale, Teruggevalle en Valse Christene
Prof. Johan Malan
Die toestand van ‘n mens se hart beskryf die aard van jou geestelike lewe en morele beginsels. Die hart is die sentrum van jou gees en siel, en dus bepalend vir jou wil, emosies en denkwyse. Jou hart is óf ‘n woonplek vir God óf ‘n woonplek vir Satan.
Blanket Project
The women of the Free State FBC started a blanket project in 2014 to crochet a double bed blanket for every minister and his wife. The first blankets were delivered with our last tour in January. The ladies that are part of this project asked for a photo of the families their blankets went to so that they can also pray for them.
A wheelchair for Eliza
Above is Eliza Divala and her husband, she received a wheelchair in March 2014. She has never been able to walk in her life and this is her first wheelchair ever.
PLANNING:
Next Tour – June 2016
The Biggest Needs of the Mission:
Material for 3 church buildings
Cement - most of the churches need to be completed
Repair work on the pastors’ houses
Chichewa & Portuguese Bibles (R80 per Bible)
Hymnals for all the churches (R26 each)
The Necessity of Rebirth
Prof. Johan Malan
Scripture reading: “There was a man of the Pharisees named Nicodemus, a ruler of the Jews. This man came to Jesus by night and said to Him, Rabbi, we know that You are a teacher come from God; for no one can do these signs that You do unless God is with him. Jesus answered and said to him, Most assuredly, I say to you, unless one is born again, he cannot see the kingdom of God. Nicodemus said to Him, How can a man be born when he is old? Can he enter a second time into his mother’s womb and be born? Jesus answered, Most assuredly, I say to you, unless one is born of water and the Spirit, he cannot enter the kingdom of God. That which is born of the flesh is flesh, and that which is born of the Spirit is spirit. Do not marvel that I said to you, You must be born again… Nicodemus answered and said to Him, How can these things be? Jesus answered and said to him, Are you the teacher of Israel, and do not know these things?” (John 3:1-10).
Slaves of Sin
Prof. Johan Malan
But there is another, more abstract form of slavery by an invisible enemy, to which most people are subjected for their entire life, and that is spiritual and moral slavery. This is a problem which faces all people as all of us are slaves of sin because of the fallen nature which we have inherited from Adam. Sin is the consequence of alienation from God, and that accounts for the spiritual and moral depravity of mankind. The Fall has rendered humanity despicable in the eyes of God (Gen. 6:5-6). Paul says: “... through one man sin entered the world, and death through sin, and thus death spread to all men, because all sinned” (Rom. 5:12).
Het jy in jou geestelike lewe op die plek gekom waar jy met sekerheid weet dat indien jy vandag te sterwe kom, jy hemel toe sal gaan? Veronderstel jy sou vandag te sterwe kom en voor God te staan kom en Hy sou jou vra, “Waarom moet Ek jou in my Hemel toelaat?” Wat sal jou antwoord wees?
As jy nie een van die vrae kan antwoord nie, wat dan??
{LEES MEER}
Preke (mp3)
Prof. Johan malan
How Can We be Ready for the Second Coming of Christ?
Johan Malan
There are various prophecies in the Bible by which Christians are encouraged to be vigilant and ready for the sudden coming of the heavenly Bridegroom. These instructions and admonitions should be taken seriously, as there are so many things that can divert the attention of a believer from his calling as a servant of Christ, who should be able to boldly give an account of his life when his Master returns at an unexpected hour. On that day He will catch away His bride to her heavenly abode, and then it will be too late to prepare for His coming and to rearrange your priorities in life. The following is one of the many calls to be found alert, dedicated and faithful on the day of the second coming:
“Take heed, watch and pray; for you do not know when the time is. It is like a man going to a far country, who left his house and gave authority to his servants, and to each his work, and commanded the doorkeeper to watch. Watch therefore, for you do not know when the master of the house is coming – in the evening, at midnight, at the crowing of the rooster, or in the morning – lest, coming suddenly, he find you sleeping. And what I say to you, I say to all: Watch!” (Mark 13:33-37). {READ MORE}
Tekens van die Tye
Johan Malan
Hoewel daar beslis ‘n verrassingselement in die wegraping is, is daar aan ons verskeie tekens van die eindtyd gegee sodat ons ten minste sal weet wanneer dit naby is: “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is” (Luk. 21:28).
{LEES MEER}
The Rapture Explained
By Golda Chimere-Dan
The rapture is the event in which the Lord Jesus Christ will appear in the cloud at the voice of the archangel and the last trumpet sound to take all Bible believing, born again Christians away from the surface of this earth before the Almighty God unleashes his anger on a sinful, unrepentant and Christ-rejecting world.
The rapture is an event that will take place very soon and very suddenly. It will be the most astonishing event in the history of the world which will turn the entire planet on its head. The Bible teaches this very clearly and it is the hope of every believer in the Lordship of Jesus Christ to be among those who experience the rapture. {READ MORE}
Die Wegraping
Johan Malan
Die belofte oor die wegraping is van die allergrootste belang. Hierdie gebeurtenis sal die kerkbedeling afsluit wanneer die ware Christene na die hemel weggevoer word om voor die regterstoel van Christus te verskyn. Verwag jy dit en is jy hierop voorbereid?
{LEES MEER}
God het so vir u omgegee dat Hy die hoogste prys vir u betaal het, deur Sy Seun te laat sterf aan die kruis. Daardie liefde brand ook in ons harte, wanneer ons u nooi om deel van hierdie familie te word. Jesus sê: Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is en Ek sal vir julle rus gee. (Matt. 11:28)
Christen Leiers
Karaktertrekke van ‘n Christen Leier
Titus 1:4-6a
Drie areas om onberispelik in te wees:
Familie Lewe (2:6)
Persoonlike Karakter (2:7,8)
Bekwaamheid om die Woord te kan gebruik. (2:9-16)
Die Rol van die Ouderling
1 Tim 3:1-7 en Titus 1
Wat is die rol van die ouderling?
Wat is die Kwalifikasies van ‘n ouderling?
Die Vrou in die Gemeente
Die rol van die vrou in die gemeente is in beginsel ooreenstemmend met haar sosiale posisie in die gesin: in beide gevalle het die Here die man as hoof oor haar aangestel. Hierdie reëling bevat geen element van diskriminasie teen die vrou nie, maar is getref om die godgegewe natuur, emosionele ingesteldheid en pligte van beide geslagte op die beste moontlike manier tot hulle reg en onbelemmerde ontplooiing te laat kom.
Die Verband tussen die Wet en Genade
Johan Malan
Verskillende soorte wette
Die Nuwe Testamentiese wet van die liefde
Die beëindiging van die bedeling van die wet
Die grondslag van Israel se wettiese vormgodsdiens
Die genade van Christus is meer uitnemend as die wet
Books | Tracts | |||
![]() |
There's a selection of books on various subjects such as {READ MORE} Ons het 'n verskeidenheid van boeke wat handel oor |
![]() |
There's a big selection of Evangelical tracts If you need tracts for your outreaches please Daar is 'n groot verskeidenheid Evangeliese |