14 Mrt Vergadering - Welkom |
23 Mrt 1895 |
4-6 Sep Vrouekampin die Vrystaat - Marietjie Ackerman |
12 Sep Vergadering - Welkom |
9 - 11 Okt Mannekampin die Vrystaat - Prof. Johan Malan |
31 Des Oujaars Dienste |
R70 Heiligmaking God se oproep tot ’n lewe van vervulling - Johan Malan
Ons is almal op ’n reis na die ewigheid. Die pad wat ons loop is besaai met versoekings. Om heilig te leef is ’n uitdaging. Dit kom nie maklik nie en dit gebeur nie vanself nie. Tog roep die Here alle gelowiges op tot heiligmaking. Hoe doen ’n mens dit?
Deur die krag van die Heilige Gees is dit moontlik om gehoorsaam te wees aan hierdie opdrag en die wil van God te doen. Hierdie boek oor heiligmaking wys jou hoe. Dit bespreek al die verskillende aspekte van heiligheid sodat die gelowige toegerus kan word om dit uit te voer. Die Here wil jou heilig en toerus om ’n lewe van vervulling te lei.
R70 Johan Malan se boek Die Sewe Feeste wat deur Lux Verbi gepubliseer is, handel oor die groot feeste in Levítikus 23. Hierdie feeste is ingestel om Israel voor te berei op die koms van die Messias, en is daarom met die oog op die Nuwe Testament van besondere profetiese betekenis.
Die eerste drie feeste is tydens die kruisiging, dood en opstanding van die Here Jesus vervul, terwyl die Pinksterfees kort daarna vervul is deur die uitstorting van die Heilige Gees. Die laaste drie feeste, wat deur die Loofhuttefees afgesluit word, sal tydens die wederkoms van Christus vervul word.
Gelowiges wat ’n goeie kennis van die feeste het, geniet die voordeel van
’n duideliker begrip van die Nuwe-Testamentiese betekenis daarvan, en sal gevolglik ook beter voorbereid wees op die finale vervulling daarvan.
R70 Jesus Christus en ons lewe in Hom bevat ’n breedvoerige beskrywing oor wie die Here Jesus is, wat Hy vir die verlossing van sondaars gedoen het, en hoedat Hy ons deur die Heilige Gees in staat stel om ’n hoër peil van geestelikheid te handhaaf. Die vervulling van Messiaanse profesieë oor die koms van Christus is nie net vir die volk Israel van belang nie, maar ook vir alle mense (Hand. 1:8; 4:12). Sy wederkoms as Bruidegom van die ware kerk, Regter van die ongeredde wêreld en Koning van die konings, sal net so letterlik plaasvind.
Ons leef in ’n tyd van toenemende dwalings oor Jesus se Godheid, liggaamlike opstanding uit die dood, hemelvaart en wederkoms, asook die integriteit van sy Woord.
Dit is van groot belang dat ons duidelikheid oor dié basiese feite sal verkry. Ds. Anton Bosch (tans in die VSA) sê die volgende in sy resensie van Jesus Christus en ons lewe in Hom: “Die boek gee ’n gebalanseerde en volledige oorsig van wie Jesus werklik is en wat Hy deur sy werk op aarde bereik het. Prof. Malan lig al die belangrike fasette van die lewe en werke van Jesus Christus toe. Niemand wat hierdie boek gelees het, sal die ware Jesus verwar met enige van die valse Jesusse wat uitvindsels van mense is nie.”
In hierdie boek word die Bybel as die foutlose en geïnspireerde Woord van God eerbiedig. Alle stellings oor Jesus Christus en sy unieke leer van verlossing word slegs op gesag van die Skrif gemaak. “En julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak. ... As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Joh. 8:32, 36).
Verryk u geestelike lewe deur die lees van hierdie boek. Stel u geloofsoortuigings op ’n vaste grondslag en dien die Here van harte in hierdie
laat stadium van die kerkbedeling (1 Kor. 15:57-58). Elke Christen moet daarna streef om deur Jesus Christus as ’n getroue getuie bevind te word.
Al hierdie boeke deur Johan Malan
Die boeke kan bestel word by:
Marius Wolfaardt - KONTAK
For more articles, books, audiosermons etc... visit the following websites:
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
||
www.jam.org.za | www.justbyChrist.co.za | www.bibleguidance.co.za | www.gratiasalvi.com |